Bekende stoei-afrigter terug op die mat

2017-04-06 06:02
=Johan en Peggy Ferreira is terug by die Uitenhage Amateur Stoeiklub na ’n afwesigheid van agt jaar. Hier sit hulle by ’n muur propvol van die klub se nuus en fotos. Foto:HEILIE COMBRINCK

=Johan en Peggy Ferreira is terug by die Uitenhage Amateur Stoeiklub na ’n afwesigheid van agt jaar. Hier sit hulle by ’n muur propvol van die klub se nuus en fotos. Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die Uitenhage Amateur Stoeiklub het verskeie nasionale kampioene opgelewer met Johan Ferreira as afrigter. Na ’n afwesigheid van 8 jaar is hy weer terug by die klub en is vol planne om die sport weer sy regmatige plek te laat geniet.

“Daar is nou slegs twee van die elf amateur stoeiklubs in Nelson Mandelabaai oor. Ons kan nie toelaat dat die sport doodloop nie, daarom be-oog ons om ’n skole-liga te begin,” sê Johan Ferreira, wie se pa David Ferreira, jare gelede die Uitenhage Amateur Stoeiklub begin het.

Die twee oorblywende klubs is Despatch wat saamgesmelt het met ’n Baaise klub en Uitenhage Amateur Stoeiklub.

“Amateur stoei is nie ’n aggressiewe sport nie. Dit verg dissipline en leer jou om vinnig op jou voete te dink om uit ’n benarde greep te kom. Stoei ontwikkel jou liggaam, selfbeeld en -vertroue en dra by tot ’n gesonde gees.”

Stoei by stadsaal

Uitenhage Amateur Stoeiklub het tans 13 stoeiers. Klub-oefeninge is elke Woensdag-aand vanaf 18:00 in die Uitenhage Stadsaal.

Ferreira sê in die jare wat hy uit die stoeikringe was het nie veel verander nie, net die puntestelsel werk ietwat anders.

Hy is tans ’n nasionale vlak 3 afrigter en die hoogste gegradeerde stoei-afrigter in die Oostelike Provinsie.

Dit neem gemiddeld tussen 6 en 7 jaar om as ’n vlak 3 afrigter te gradeer. Hy is nou besig met vlak 4 se prakties en het reeds die teorie agter die rug.

“Stoei is sterk in Gauteng en die Wes-Kaap en op internasionale vlak is Europese lande ons ligjare voor. Hulle kom wraggies met nuwe tegnieke vorendag. Amerika is groot op rofstoei, wat meer vir die show is,” sê Ferreira.

Hy is opgewonde om skoolkinders betrokke te kry by die sport en daarom gaan hulle volgende kwartaal by plaaslike skole ’n draai maak om stoei bekend te stel.

Sy dogter Chantelle Stoltz, ’n voormalige Suid-Afrikaanse stoeikampioen, is ook betrokke by afrigting. Haar dogtertjie Deoné Stoltz (2) is ewe bedrywig op die stoeimat en wie weet dalk volg sy in die voetspore van haar ma, oupa en grootoupa?

Ferreira en sy vrou Peggy werk saam met die afrigters Carlo van Wyk en Cohen van Wyk sowel as Faizel van Wyk, die president van die Uitenhage Amateur Stoeiklub. Carlo het op internasionale vlak gestoei en is ’n paar jaar gelede ’n stoeibeurs aangebied in Colorado, VSA.

  • Vir meer inligting bel Peggy Ferreira by 074 238 3322.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/World
 

For the love of Corgis!

WATCH: 35 Corgi's to make your day! If they’re good enough for the Queen of England they’re good enough for us.

 
 

Paws

Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Buying a puppy? Don’t get scammed!
WATCH: These funny animal videos will make you LOL!
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.