Ben die swerwershond kry ’n Meisie

2017-07-13 06:00

Dis nogal iets om oog tot oog met ’n dorpslegende te staan. Maar Ben se blik bly behoedsaam. Sy vertroue is nie iets om te gee nie, dis iets om te wen.

Dis nou nie heeltemal hoe Sanet Welgemoed die psige van Ben, Uitenhage se geliefde swerwershond, beskryf nie, maar dis hoe ek haar verduideliking verstaan het terwyl die pragtige dier my fyn staan en dophou.

Voor dit het ons maklik ’n driekwartuur na Ben op sy tradisionele looproete deur Uitenhage gesoek. Die rede dié keer is omdat hy dolverlief is. Dis glo nogal iets om die twee verliefde vierpotiges saam te sien.

Eerste stop is by die Engen-vulstasie in Fairbridge Heights waar Ben vyf jaar gelede vir die eerste daar opgedaag en dit later een van sy hoof-hawens op sy byna 10km looproete deur Uitenhage gemaak het.

Op ‘n dag het hy Ounooi saamgebring en die tweetjies was baie gelukkig saam, maar toe ry iemand per ongeluk oor Ounooi waarna Ben jare lank die alleenpad geloop het. So asof hy geweet het hoe ‘n liefdespad doringpad kan word as jy die verkeerde keuse maak… buitendien het hy al genoeg mensevriende op sy looproete deur Uitenhage gemaak.

En toe amper ‘n jaar terug, loop Ben die liefde op sy looproete raak. Haar naam is Meisie, ’n woeilige jongetjie wat naby ’n dokter se spreekkamers bly.

Nie lank nie, toe gaan kuier sy saam met Ben by al sy vasgestelde plekke. Hier vir ontwerpershondekos, daar vir melk, hier vir pasteie, en so gaan dit aan.

Maar so asof dit ’n skandelike affair was, het almal geswyg oor dié ou bok en sy jong woelige blaartjie. Maar die werklike rede was dat Meisie, nes Ben, eers gesteriliseer moes word.

“Jy kan honde, wat die pad met al sy gevare bo geslote erwe verkies, nie nog opsaal met ’n werpsel nie,” verduidelik Charmaine Blewett Dorfling.

Nou is Ounooi ook ’n “sportsmodel” en nou kan hul liefde aan die groot dorpsklok gehang word.

Ronel Goosen het selfs ’n koninggrootte hok, geborg deur ’n Baaise maatskappy, gekry vir die tweetjies. Daar slaap hulle nou elke aand saam. Al wanneer Ben en Meisie se weë skei, is wanneer hy na die sentrale sakegebied gaan.

“Hy bring haar nooit saam nie,” verduidelik Sanet, “die verkeer is te erg.”

Ja hoor, Ben stop by elke kruising en kyk eers voor hy oorsteek. Ek het dit met my eie oë gesien. En dít is hoekom ons, toe ons die liefdespaartjie gaan opsoek het, net vir Meisie by The Vet Shop in Penford gekry het. Ben het op sy bekende dorps-roete geloop.

Ons het hom oral op sy roete gesoek en oplaas gekry waar hy weer oppad terug was na sy en Meisie se koningsgrootte liefdesnes.

Sy honde-instink móés hom gesê het sy Meisie wag daar vir hom.

  • Volg Ben en Meisie op hul Facebook-blad

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/World
 

Makeover saves dog’s life

Lucky Charlie got a complete make-over that helped him get adopted.

 
 

Paws

For the love of Corgis!
Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Buying a puppy? Don’t get scammed!
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.