Blitsbokke hou oog op rats oud-U’hager

2016-11-03 06:00
=Malcolm Jaer druk vroeër vanjaar vir die Southern Kings ’n drie in die Superrugby-reeks.                                                       Foto: charles pullen

=Malcolm Jaer druk vroeër vanjaar vir die Southern Kings ’n drie in die Superrugby-reeks. Foto: charles pullen

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Veelsydige agterspeler van die Southern Kings se vaardighede is vandeesweek onder die vergrootglas op die Blitsbokke se oefenkamp in Stellenbosch.

Charl Crous, die Kings se bedryfshoof, het bevestig dat die bestuur van die Blitsbokke Malcolm Jaer genooi het om saam met die room van die land se sewesrugbyspelers te oefen.

“Hulle het gevra hy moet soontoe kom, omdat hulle hom so ’n bietjie wil uitkyk,” het Crous gesê.

“Dis goed vir Malcolm om die oefenkamp by te woon en ander ervarings en vaardighede op te doen.”

Volgens Crous beteken dit nie die 21-jarige Jaer is nou vir die Kings verlore nie.

“Malcolm sal in die eerste week van Desember na Port Elizabeth terugkeer om vir die Kings se Superrugby-veldtog voor te berei.”

Jaer, ’n oud-Brandwagter van Uitenhage, is ’n vaardige speler en as hy sy voete vinnig vind, kan hy dalk in die toekoms in die Blitsbokke se prentjie kom.

Neil Powell, die afrigter van die Blitse, sal dalk na die oefenkamp sy groep ’n bietjie snoei. Spelers wat dalk in die Kings se visier is, sluit in die Blitsbok-veterane Cecil Afrika en Branco du Preez.

Gaan Powell dalk die ouer hout begin uitsny uit sy groep? Dan sal die Kings Afrika en Du Preez met ope arms verwelkom.

Dis bekend dat Deon Davids, die Kings se hoofafrigter, graag Rosko Specman sou wou gebruik, maar hy het hom nou as een van die Blitsbokke se sterre gevestig.

Dan is daar Shakes Soyizwapi, wat deur die Blitsbokke aan die OP-Kings in die afgelope Curriebeker-reeks geleen is.

Ook hy kan deur die Oos-Kaapse franchise gebruik word.

Op die oefenkamp kan Jaer dalk van sy afrigters daaraan herinner dat hy ook losskakel kan speel en nie net heelagter of vleuel, waar hy vanjaar deur die Kings ingespan is nie.

In hierdie stadium sal Jaer by die Kings met twee Nami­biërs, Johann Tromp en Chry­sander Botha, op heelagter moet meeding.

Op vleuel sal hy, Botha, Sampie Mastriet, Siyanda Grey en Yaw Penxe sake moet uitspook om plekke in die beginspan.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/Sport

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.