‘Boeke Bruce’ deur ATKV bekroon

2017-09-14 06:01
=Die gewilde akteur Christo Davids (links) saam met Bruce Koopman van Uitenhage, wat met ’n ATKV-Woordveertjie vereer is vir sy bydrae tot leesbevordering in die gemeenskap.  Foto:VERSKAF

=Die gewilde akteur Christo Davids (links) saam met Bruce Koopman van Uitenhage, wat met ’n ATKV-Woordveertjie vereer is vir sy bydrae tot leesbevordering in die gemeenskap. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Nie eers die maan was te hoog vir Bruce Koopman, “motorhuis- biblioteekman van Uitenhage,” se vreugde toe hy afgelope Vrydag met ’n ATKV-Woordveertjie vereer is vir sy bydrae tot leesbevordering.

“Ek het oor die maan gespring van vreugde,”sê Koopman, “want die prys het ook ’n geldjie behels en nou kan ons dit insit vir die infrastruktuur en nog boeke koop.”

Die infrastruktuur waarna hy verwys, is die dubbelmotorhuis op sy woonerf in die Gerald Smith-woongebied, ook be-kend as Jazztown.

Al van 2015 bedryf hy en sy vrou Lollo díe Jazztown-biblioteek vir die kinders in die omliggende gebiede. Baie leerlinge gaan na skool soontoe om hul skoolwerk – of dit nou huiswerk, studies of navorsing is – onder Lollo se wakende oog te doen.

“Hier is drie laerskole en drie hoërskole in die gebied, maar hier is nie ’n biblioteek nie. Nie eers ’n gemeenskapsaal nie,” sê Bruce, voorsitter van die ATKV se Edik-tak in Uitenhage. “Op die oomblik het ons nie eers ordentlike plek vir al die boeke nie, maar ek sal dit selfs in my slaapkamer opstapel as dit moet.”

Vir die Koopmans is dit só belangrik dat kinders vrye toegang tot boeke moet kan geniet sodat hulle aan die lees kan raak, dat hulle agt jaar gelede die eerste biblioteek in Tiryville (ook bekend as Lapland) oopgemaak het.

Lapa Uitgewers het baie boeke geskenk terwyl die ATKV-tak Wyngilde vir die boekrakke gesorg het. Dan is daar ook plaaslike besighede soos Star Cabs en Peter Benn Motors wat altyd hul projekte ondersteun.

Bruce,’n motorverkoopman in sy voltydse beroep, sê die nood bly groot: nie net vir boeke nie, maar ook vir infrastruktuur wat genoeg ruimte aan die kinders bied. “Ek werk net met hulpbronne, nie met geld nie,” verduidelik Bruce gou, “Mense kan eerder help met materiale, konstruksie, kundig-heid en so aan. Alles moet saamwerk na een doel: kinders wat goed kan lees en daarom goed kan studeer.”

Op die oomblik gee hy en vroulief Lollo elke oggend ontbytpap aan sowat 50 kinders. “Dit is ’n goeie aanknopingspunt om hulle aan die lees te kry. Ons weet die kinders sukkel. Ons gaan met die Boekwurmpies-leesprogram begin. Maar ons het ook agtergekom die leerlinge in gr.8 en -9 sukkel net so met lees…hier sal ons ook met ’n aktiewe leesprogram moet begin.”

Bruce is al agt jaar lank lid van die ATKV (Afrikaanse Taal en Kultuurver-eniging) en het groot lof vir die bystand wat dié organisasie aan hom bied. Ook vir sy vrou Lollo. “Sý was nog altyd die een wat altyd met projekkies vir die kinders besig was en toe smeer dit aan my af. Dit gaan alles oor die kinders.”

Só ernstig voel hulle hieroor dat hy ook vir internet by sy “motorhuis-biblioteek” gesorg het.

“Die hoërskoolkinders moet na-vorsing vir take doen en daar is net te veel inligting wat van die internet gehaal moet word.Ons laai die gratis material af en druk dit ook vir hulle uit.”

Deur die jare het Bruce ook ’n interessante ding agtergekom: maak net baie meer boeke toeganklik vir baie meer mense en kort voor lank krioel dit van boekwurms. “Baie grootmense kom neem nou ook boeke uit – hulle lees ons klaar!”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/Africa
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.