Boogskiet nou by Despatch laerskool

2017-09-07 06:01
<Boogskiet word nou as sport by Laerskool Susannah Fourie op Despatch aangebied. Hier is (van links) Jolan Mentoor (hoofmeisie van Laerskool Susannah Fourie), Chris Oelofse (NASP Oos-Kaap), Charl Crouse (boogskiet-instrukteur en onderwyser), André Crouse (Laerskool Susannah Fourie skoolhoof) en Henry Charles (hoofseun van Laerskool Susannah Fourie). Fotos:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Suid-Afrika se top jong boogskiet-skuts van skole regoor die land gaan van 4 tot 6 Oktober aan die interprovinsiale boogskiet-kampioenskappe deelneem wat op Uitenhage by die binnehuise sportsentrum aangebied word.

Aanstaande jaar sal dit die 10de jaar wees wat dié sport deur ’n nasionale boogskiet-program, National Archery in Schools Programme (NASP) by skole aangebied word.

Chris Oelofse, vise-voorsitter van NASP in die Oos-Kaap sê die missie van die program is om te verseker skoolgaande jeug die sport as ’n verantwoordelike buitelug aktiwiteit geniet.

Vaardigheid met pyl en boog

“Alle aspekte van boogskiet word op ’n ge-sonde en verantwoordelike wyse vasgelê. Die program fokus op die ontwikkeling van lewenslange vaardighede deur ’n pyl en boog as medium te gebruik,” sê Oelofse.

“NASP Suid-Afrika het ’n ontwikkelings-plan vir skole waar presterende skuts van minderbevoorregte groepe spesiale aandag ontvang in ’n poging om hierdie skuts afge-rond te kry om sodoende die hoogste sport te bereik.”

Die plan verwag ook van elke provinsie wat aan NASP deelneem dat hulle buiten hul provinsiale span, ook ’n ontwikkelingspan moet kies om aan die inter-provinsiale boogskiet-kampioenskappe deel te neem. Dié kampioenskappe word van 4-6 Oktober op Uitenhage aangebied.

“Die top 16 skuts van elke provinsie word gekies om hul provinsie te verteenwoordig. In elke span moet daar ten minste 4 van die teenoorgestelde geslag wees. Byvoorbeeld 12 seuns en 4 meisies,” sê Oelofse.

Despatch skool gekies vir boogskiet-ontwikkeling

Murray & Roberts het ’n toekenning waarvoor menige sportinstansies meeding, naamlik die Jack Cheetham Memorial Award. Dit is vir die instansie wat die meeste doen vir die ontwikkeling van die jeug in ’n sport-soort.

“SANP SA het in 2013 en 2016 ’n tweede plek vir dié toekenning. Hul het op hul beurt die toekenning na die Oos-Kaap gekanaliseer in die vorm van toerusting en opleiding van boogskiet-instrukteurs,” sê Oelofse.

Laerskool Susannah Fourie op Despatch is in die proses geidentifiseer as ’n Oos-Kaapse skool met die potensiaal vir boogskiet- ontwikkeling.

’n Onderwyser, Charl Crouse, is geidentifiseer om die leiding in dié skool te neem met die NASP program en hy het die instrukteurskursus in basiese boogskiet voltooi.

“’n Addisionele vyf instrukteurs is opgelei wat almal behulpsaam is by Laerskool Susannah Fourie om skuts toe te rus met die nodige vaardighede om top skuts in die Oos-Kaap te raak,” sê Oelofse.

Drie van die vyf instrukteurs het hul NASP as leerders so baie geniet dat hulle die instrukteurs-kursus voltooi het om jong leerders die vaardighede van die sport te leer. Dié instrukteurs is Barend Badenhorst, ’n graad 12 leerder van HTS Daniel Pienaar, Conrad du Plessis ’n graad 11 leerder van Hoërskool Despatch en Christelle van Eck ’n oud-leerder van Volkskool op Graaff Reinet.

  • Vir meer inligting oor Laerskool Susannah Fourie se boogskiet as skoolsport bel die skool by 041 933 5102 of Chris Oelofse by 084 519 9945.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.