Brandwag hoofseun is top matrikulant van 2016

2016-10-13 06:00
Andre Conradie Foto: KAREN PIENAAR

Andre Conradie Foto: KAREN PIENAAR

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die hoofseun van Hoërskool Brandwag, André Conradie, het gesogte Matrikulant van die Jaar-kompetisie, verlede week op sy 18de verjaardag gewen.

Vir die eerste keer in die kompetisie se geskiedenis het die beoordelaars twee wenners aangekondig. Rebecca Mqumelo van Clarendon Girls High in Oos-Londen is as die mede-wenner aangewys.

André en Rebecca het albei ’n beurs ter waarde van R100 000 van NMU sowel as geborgde pryse ter waarde van R44 900 huis toe geneem. André het vir sy uitmuntende akademiese prestasies ook die akademie-kategorie gewen.

Hy is sedert graad 4 die toppresteerder in sy jaargroep en het in die Junie-eksamen die hoogste gemiddeld van alle grade in Brandwag gehad.

Hy het ook talle prestasies in olimpiades agter sy naam. André het in skaak Suid- Afrika internasionaal verteenwoordig en was die kaptein van die o.16-span wat in Hongarye aan die Wêreld Olimpiade deelgeneem het.

André het SA-kleure in binnehuise krieket en OP-kleure in karate, tennis en krieket. Hy is die afgelope twee jaar na afloop van die Punt Krieketfees waaraan meer as dertig skole deelneem vir die toerspanne gekies. Verlede jaar was hul na Sri Lanka en vanjaar na Indië, waar hy ook die kaptein van die span was.

In Sri Lanka het hy ’n man van die wedstryd-toekenning ontvang en onder sy leiding het die span in Indië 4 uit 5 wedstryde gewen.

By Brandwag het hy die skool se eerste spanne in skaak, krieket, gholf en tennis verteenwoordig.

André is ook ’n krieketskeidsregter en het gehelp met insamelings vir toerusting by straatkrieket in Rosedale waar hy ook wiskundeklasse vir kinders aangebied het. Hy het ook verjaardagpartytjies vir kinders by Oosterland Jeugsentrum gereël en daar krieket en sokker afgerig.

Die matriek van die jaar kompetisie word jaarliks deur The Herald en die Nelson Mandela Universiteit aangebied.

Volgende jaar beplan André om astrofisika en astronomie aan die Universiteit van Kaapstad te studeer. Die inspirasie hiervoor was tydens ’n besoek aan die Astronomiese Observatorium naby Sutherland.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.