Brandwag rugby beleef uitstekende seisoen

2017-09-21 06:01
; Brandwag se binnesenter Louis Botha het telkens die lyn reguit getrek vir sy span in sterk aanvallende bewegings. Hier is Botha op pad doellyn toe ten spyte van die laagvat van Otto du Plessis se flank Seandré Nell. Die Otto spelers op die agtergrond is agsteman Armand Olivier and senter Justin Eckert. Brandwag se kaptein Chadwyn November is net-net agter Eckert sigbaar en onderkaptein Elandré Smit volg die spel van die regterkant af.Foto:KAREN PIENAAR

; Brandwag se binnesenter Louis Botha het telkens die lyn reguit getrek vir sy span in sterk aanvallende bewegings. Hier is Botha op pad doellyn toe ten spyte van die laagvat van Otto du Plessis se flank Seandré Nell. Die Otto spelers op die agtergrond is agsteman Armand Olivier and senter Justin Eckert. Brandwag se kaptein Chadwyn November is net-net agter Eckert sigbaar en onderkaptein Elandré Smit volg die spel van die regterkant af.Foto:KAREN PIENAAR

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Hoërskool Brandwag het ’n baie suksesvolle 2017 rugbyseisoen op ’n hoogtepunt afgesluit met ’n oortuigende 62-12 oorwinning oor Pearson waarin Brandwag 10 drieë gedruk het.

Onder leiding van afrigters Christiaan van Schalkwyk en Wikus Viljoen het Brandwag dié jaar drieë ingeryg met feestelike hardlooprugby.

In ander oorwinnings het Brandwag, onder meer, 8 drieë teen Daniel Pienaar (55-10), 5 drieë teen Muir (35-12), 17 drieë teen Otto du Plessis (105-8), 7 drieë teen Despatch (41-13) en 5 drieë teen Nico Malan (36-13) gedruk.

’n Hoogtepunt was Brandwag se 55-10 Classic Clash oorwinning oor Daniel Pienaar– Brandwag se 5de agtereenvolgende sege teen DP.

Brandwag se skrums en lynstane was gedurig ’n kopseer vir hul teenstanders, maar spelers het uitgeblink in alle posisies.

Altesaam sewe Brandwag spelers, Le Klue Stokes, Eldon Lotz, Zane Barnard, Elandré Smit, Chadd Adams, Juandré Sabbat en Dean Jordan is vir die o.18 OP-Cravenweekspan gekies.

Van Schalkwyk het die OP Cravenweekspan afgerig wat twee uit hul drie wedstryde gewen het. ’n Hoogtepunt vir die OP span was hulle 37-0 oorwinning oor die Blou Bulle waarin Stokes en Sabbat drieë gedruk het en Adams ’n sterspeler was.

Verder het twee eerste spanspelers, Franco Saayman en Chadwyn November die OP o.19 span gehaal, terwyl De Witt Stadler vir die OP Akademiespan gekies is. Altesaam 10 lede van Brandwag se eerste span het dus provinsiale erkenning gekry.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/Sport
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.