Bravo! Janecke klim Lady Slipper tot bo

2017-06-29 06:00
=Janecke Schuin het met regterbeen-prostese tot op die kruin van Lady Slipper geklim.     INLAS: Die vlaggie wat sy vir mede-amputee Jackie Steyn geplant het.    Fotos:KAPPIE VAN ZYL

=Janecke Schuin het met regterbeen-prostese tot op die kruin van Lady Slipper geklim. INLAS: Die vlaggie wat sy vir mede-amputee Jackie Steyn geplant het. Fotos:KAPPIE VAN ZYL

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Despatch se avontuurlustige Janecke Schuin (10) wie se regterbeen 10 maande gelede geamputeer is, het Sondag in yskoue weersomstandighede die 1853 voet hoë Lady Slipper-berg uitgeklim om fondse in te samel vir ’n mede-amputéé.

Vir haar selfopgelegde uitdaging om dié berg met haar prostese aan te durf, het sy die publiek se ondersteuning nodig gehad om donasies van R5 te maak by 19 kollekteer-blikkies wat by besighede op Despatch geplaas is.

“Dit was ‘n baie emosionele dag vir ons klomp grootmense wat saam met Janecke geklim het. Dit was moeilik. Asma-pompies is sommer al vroeg uit die kouse gehaal, maar dit was uit-en-uit die moeite werd,” sê Vicki Schuin, Janecke se ma.

“Die hoogtepunt was toe ons op ons moegste was en op die bergpiek ‘n pikswart gebrande R5 opgetel het. Dit was soos ‘n teken dat ons poging om Jackie Steyn te help ‘n sukses sal wees.”

Avontuur om vir altyd te onthou

Steyn se been is ook geamputeer en hy be-nodig dringend ’n prostese. Daarom het Janecke besluit om dié man van Jeffreysbaai te help om fondse in te samel vir ’n prostese.

Verskeie mense het Janecke op haar ekspedisie vergesel. Yolandi en Gert van Tonder was die voorklimmers wat haar help klim het en gesorg het dat sy veilig is.

Janecke se oupa, Kappie van Zyl (61) het vooruit geklim en fotos geneem. Twee ambulansmanne van Garmed, Barry Supra en Vincent Upton, het op die ingewing van die oomblik besluit om ook saam te klim.

“Sonder die twee ambulansmanne sou ons Despatch Days se admin vroue (Almarie Frier en Yolanda Brown) op die berg agtergebly het,” spot Vicki.

Vicky sê die 4 ure op die berg was ‘n avontuur wat hulle vir altyd sal onthou.

“Ons vriende het aan die voet van die berg vir ons gewag en Janecke met haar laaste stukkie stap aangemoedig.”

’n Groot verrassing was toe Jackie Steyn óók opgedaag het en vir hulle by die voet van die berg gewag het.

“Dit was ‘n groot oomblik vir ons almal. Ons het hom Sondag eers ontmoet daar by die berg,” sê Vicki.

Janecke het ‘n vlaggie op Lady Slipper se piek geplant waarop gedruk is “Climbing for a Limb in aid of Jackie Steyn”.

Nou word daar uitgesien na haar en Yolanda Brown se bederfdag by Beauty Den en haar “oorwinnings-partytjie” saam met haar maats by die Pearple Pear.

Janecke, ’n graad 5 leerder aan Laerskool Sonop op Despatch, sê dankie aan almal wat haar ondersteun het en ‘n donasie gemaak het vir Jackie Steyn. Donasies kan steeds gemaak word in die volgende rekening:

Amputee Support Group, ABSA 408 599 2113, verwysing: Jackie Steyn.

Wat is Janecke se volgende uitdaging?

“Wie weet? Despatchers moet oppas, dalk kan Janecke een van hulle volgende uitdaag. Ons het pret en lekker lag op ons dorp nodig!” sê Vicki.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/News
 

8 great natural remedies for your pet

Tips and tricks to cure your pet’s itches and coughs, naturally.

 
 

Paws

Buying a puppy? Don’t get scammed!
WATCH: These funny animal videos will make you LOL!
11 animals before and after they were adopted from shelters
Competition pet grooming – creative or too extreme?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.