Burgemeester wil help werk soek vir jonges

2017-03-16 10:07
Andrew Whitfield

Andrew Whitfield

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Danksy ’n finansiële bydrae van meer as R10 miljoen is die Nelson Mandelabaai-metro ’n tree nader daaraan om ’n afdeling in die burgemeesterskantoor te stig wat jong mense gaan help om werk te soek.

Andrew Whitfield, burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese ontwikkeling, toerisme en landbou, het verlede week tydens ’n burgemeesterskomiteevergadering gesê die munisipaliteit het die dienste van Harambee, ’n organisasie sonder winsbejag, verkry om die afdeling te bestuur.

“Harambee help met werkgeleenthede vir jong mense. Hulle sorg dat werkgewers op soek na intreevlakwerknemers met jong werksoekers in verbinding tree.

“Die organisasie se oogmerk is om kandidate te werf waar bestaande korporatiewe netwerke hulle nie bereik nie. Harambee evalueer die kandidate se vaardighede en soek vir hulle poste waarin hulle waarskynlik suksesvol sal wees,” sê Whitfield.

Volgens hom beloop die projekkoste sowat R9.9 miljoen oor ’n driejaartydperk waarvan die munisipaliteit en Harambee elk R4 miljoen sal bydra en die private sektor R1.99 miljoen.

Whitfield sê Harambee sal die program in twee fases in werking stel: Die ontwerpfase, wat van Januarie tot Junie 2017 strek en die eerste fase, wat van Julie 2017 tot Junie 2018 strek.

Hulle wil in dié tydperk 10 000 jong mense bereik en 2 000 werkgeleenthede skep.

Die ondertekening van ’n ooreenkoms tussen die munisipaliteit en Harambee is onderhewig aan goedkeuring deur die metroraad.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.