Chezane stel debuut CD vry op Despatch

2017-10-12 06:01
=Chezane Steynberg        Foto:VERSKAF

=Chezane Steynberg Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Plaaslike sanger Chezane Steynberg het ’n volle nege jaar gewag voor sy haar debuut-album My Huis vrystel en nou doen sy dit Saterdagaand in styl op haar tuisdorp, Despatch!

Dié gebore Johannesburger het haar hart in die Oos-Kaap verloor, maar met haar veelsydige sangtalent wén sy harte by al wat ’n feesverhoog is. ’n Hele paar van haar lekker-luister-liedjies het al onder die top 5 of top 10 op programme gedraai en sy het heelwat nommer 1 liedjies agter haar naam.

“My sangloopbaan het eintlik begin toe vriende my geforseer het om by ’n karaoke bar op te tree. Gelukkig was die gehoor se reaksie baie goed. Daarna het ek besluit om ’n paar backtracks te kry, te oefen so het ek begin optree,” sê Chezane, ’n beroepsvrou en ma van twee.

“Ek wou nog altyd leer kitaar speel. My man sou my aanvanklik geleer het, maar toe verander die kitaarlesse in ’n romanse. So, ek kan nou nog nie goed kitaar speel nie.”

Sy en Semandie Gerber, ook van Despatch, het later die duetgroep Recap begin. Die Naweek Song is een van die liedjies wat hulle saam geskep het.

“Dit was ’n wonderlike ondervinding om saam met Semandie op te tree. Sy is so ervare in die musiekbedryf en ek is haar ewig dankbaar vir so baie wat ek by haar oor musiek en die bedryf kon leer.”
Chezane is ook ’n liriekskrywer en sy hou van Afrikaans en die taal se speelsheid met woorde wat veral geniet word deur die groot luistertal Afrikaanse musiekliefhebbers.

In 2010 is Chezane ’n 5-jaar kontrak aangebied by Select Music. In dieselfde jaar is sy vir drie BayFM Spiraal-toekennings genomineer en aangewys as die belowendste sanger vir haar liedjie Vreemdeling.

Sy is ook verlede jaar sowel as vanjaar genomineer vir verskeie Spiraal-toekennings. Nog ’n liedjie van haar, Om my lief te hê is bekroon as ’n beste opname. Haar lys van toekennings en optredes is lank, maar sy wil nog graag by Kirkwood Wildsfees en by van die land se grootse feeste optree.

Chezane het in voorprogramme opgetree vir verskeie Suid-Afrikaanse sangers soos Snotkop, Jay, Juan Boucher, Emo Adams, Die Heuwels Fantasties, Andriette Norman en Izak Davel.

“Ek kan in enige musiek-genre sing, maar ek hou van country en rock musiek. My rock-liedjie Roekeloos was vir 39 weke op die treffersparade.”

Chezane se CD-bekendstelling word Saterdagaand by Die Blou Ballon op Despatch gehou. Die album bevat 15 snitte waarvan 11 oorspronklike liedjies is.

Chezane se debuut-album is beskikbaar by Westway Cafe, Toys & Teas Coffee Shop and Toy Museum en ook die aand van die bekendstelling by Die Blou Ballon.

  • Vir meer inligting oor optredes bel haar by 083 397 2579.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.