Chinese man vermis

2016-04-21 06:00
=Guoyong Fan, ‘n Chinese burger, word al langer as ’n week vermis.     Foto: VERSKAF

=Guoyong Fan, ‘n Chinese burger, word al langer as ’n week vermis. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Chinese burger wat die afgelope twee maande kontrakwerk in Uitenhage gedoen het, word al die afgelope nege dae lank vermis.

Guoyong Fan (42), wat sowat sewe weke gelede Suid-Afrika binnegekom het om in Uitenhage te werk, is laas deur sy kollegas op 10 April in dié dorp gesien.

“Ons Chinese werkers eet gewoonlik saam middagete. Maar toe sy kollegas hom daardie Sondag vir ete soek, was hy nêrens nie, en is hy nog nie weer gesien nie,” het Fan se werkgewer, wat verkies om anoniem te bly, gister gesê.

Volgens die werkgewer neem die maatskappy die afgelope vyf jaar werkers van China in diens, en is Fan se verdwyning die eerste ongelukkige voorval. “Wanneer die werkers se kontrak verstryk, of die werker teruggaan huis toe, word ons deeglik vooraf daarvan in kennis gestel. Dit is buite die norm vir ons werkers om sonder waarskuwing te verdwyn. Daarom twyfel ons dat hy terug huis toe is.”

Fan se kollegas het ook gesê Fan was baie gelukkig in sy werk en het geensins planne genoem om sy werk te verlaat nie.

“Sover as wat my kennis strek, het hy (Fan) ook geen familielede hier of in die land nie, en is ons baie bekommerd oor waar hy homself sou vind.”

Lt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, het bevestig dat Fan as vermis aangemeld is.

“Volgens ons inligting is hy sowat 1,6 m lank, weeg ongeveer 70 kg en het kort swart hare,” het Swart gesê. Dit is onbekend watter klere Fan die dag van sy verdwyning aangehad het.

  • Enige persoon met inligting rondom Fan se verdwyning kan adjudant-offisier Wilfred Swartbooi bel by 073 768 4308 of Uitenhage-polisiekantoor by 041 996 3438.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Jordaan missing in action

2016-09-25 00:00

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.