Dalestraat-kerk vier 120ste bestaansjaar

2016-04-28 06:00
 = Dalestreet Congregational Kerk       Foto: VERSKAF

= Dalestreet Congregational Kerk Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Eerskomende naweek vier Dalestraat Congregational Kerk sy 120ste bestaansjaar op luisterryke wyse by die kerksaal te Gerald Smith.

Nie net sal 120 jaar se dienslewering aan die gemeentes en buitestasies van die kerk gevier word nie, maar ook die verskil wat die kerk in die breë gemeenskap van Uitenhage gemaak het. In al sy bestaansjare het die kerk nog nooit teruggedeins vir uitdagings wat op sy pad gekom het nie.

“Oor die jare heen het die kerk menige storms trotseer en deur die Genade van God is die kerk tot vandag staande met die eerste grondleggings beginsels vurig brandend in die handel en wandel van gemeentelede,” sê Rupert Jacobs van Dalestraat-kerk.

Die feesvieringe begin met die jaarlikse basaar. Lekkernye soos groot koeke, terte, beskuitjies, koeksisters, gemmerbier, jellie en vla, braun en toffie appels is maar enkele van die lekkernye wat te koop aangebied word. Daar is ook braaivleis, roosterbrood en potjiekos. Die vleisverkope begin alreeds môre en die groentestalletjie sal vroeg Saterdagoggend aan die gang wees.

Op die verhoog sal verskeie plaaslike ‘n draai maak, terwyl die kleinspan kan baljaar op die reuse springkastele en ander speletjies. Vir die manne wat nie die aksie op die sportvelde wil misloop nie sal daar ‘n grootskerm opgerig word waar die dag se sportgebeure geniet kan word.

Selfs die fiksheidsbewustes en kranige stappers word nie hierdie jaar vergeet nie. ‘n Pretstap/draf word om sewe uur die oggend aangebied met gelukkige trekkings na afloop van die wedloop. Laat inskrywings word die oggend van die wedloop nog aanvaar. Nood-dienste soos die verkeersdepartement, polisie en ambulansdiens sal bystand op die roete verleen. Opgeleide mediese personeel sal by die eindpunt aan diens wees.

Die hoogtepunt van die naweek is Sondag se erediens wat gelei sal word deur Eerwaarde Theo Williams in die Moederkerk by Kingfisherrylaan . By die aanddiens om 18:00 word besoekers van regoor die Algoa-streek verwag. Die feesvieringe word Maandag afgesluit met ‘n koor-aand. Kore van susters-gemeentes sowel as naburige kerke sal optree. Die gemeenskap van Uitenhage word uitgenooi om die feesvieringe saam met die gemeente te geniet.

  • Vir meer inligting bel die kerkkantoor by 041 988 2797.

(-Heilie Combrinck)

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Convicted cop killer 'sorry'

2016-09-29 05:44

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.