‘Despatch-gholfdag’ ’n slenter, maan klub

2016-05-19 06:00
As ’n geldinsamelingsbrief van die Despatch-krieketklub nie dié amptelike briefhoof bevat nie, is dit moontlik ’n vervalste brief. ’n Kansvatter probeer glo tans in Uitenhage en Despatch geld insamel vir die Superspar Despatch-krieketklub se “gholfdag”, wat volgens die klubbestuur nie bestaan nie. Foto: VERSKAF

As ’n geldinsamelingsbrief van die Despatch-krieketklub nie dié amptelike briefhoof bevat nie, is dit moontlik ’n vervalste brief. ’n Kansvatter probeer glo tans in Uitenhage en Despatch geld insamel vir die Superspar Despatch-krieketklub se “gholfdag”, wat volgens die klubbestuur nie bestaan nie. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Konrad Schoultz, visepresident van die Despatch-krieketklub, het die publiek gewaarsku teen ’n geldmaakslenter waarby dié klub se naam betrek word.

Twee maatskappye op die dorp is reeds deur ’n man met ’n vals geldinsamelingsbrief vir die Despatch-krieketklub se gholfdag genader.

“Dit het onder ons aandag gekom dat daar geld ingesamel word ten bate van die Superspar Despatch-krieketklub se gholfdag. Daar is nié so ’n dag nie,” het Schoultz gewaarsku.

Toevallig ken die eienaars van twee maatskappye wat reeds om “borggeld” genader is, vir Schoultz en kon hulle dit by hom verifieer. Hy wonder egter hoeveel ander mense en maatskappye al deurgeloop het, het Schoultz bygevoeg.

Ook Paul Barnes, eienaar van die Despatch Superspar (wat volgens die brief ’n borg is), het gesê hy is van geen gholfdag bewus nie. Hy glo die geldinsameling is ’n bedrogspul.

In aansluiting by Barnes het Schoultz hardop gewonder hoekom hul klub nou spesifiek ’n geldinsameling sal hou, want “die krieketseisoen is verby”.

Hy glo egter dat die “goedgelowige” inwoners van die dorp maklik ’n rat voor die oë gedraai kan word, aangesien die krieketklub al voorheen twee mini-gholfdae aangebied het.

“Ons het die vorige gholfdae wyd en syd geadverteer, so die gholfdag kan geloofwaardig voorkom.”

Hy het bygevoeg dat enige persoon wat geld namens die krieketklub wil insamel, in besit van ’n amptelike brief van die krieketklub moet wees.

“Die geldinsamelingsbrief moet met die klub se amptelike briefhoof gepaard gaan, en die oorspronklike handtekening van Riel Leonard, president van die Despatch- krieketklub, sal onderaan die brief wees.”

Schoultz het ook onderneem om enige verdere voorval as ’n saak van bedrog by die polisie aan te meld.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.