Despatch klas van ‘65 hou reünie

2016-03-17 06:00
=Hoërskool Despatch se klas van 1965 het hulle 50-jaar reünie in die Kaap gehou. Hier is (van links) Beatrice Klomfass, Miriam Nel en Verna Schonken op die bus op ’n besigtigingstoer.         Fotos: VERSKAF

=Hoërskool Despatch se klas van 1965 het hulle 50-jaar reünie in die Kaap gehou. Hier is (van links) Beatrice Klomfass, Miriam Nel en Verna Schonken op die bus op ’n besigtigingstoer. Fotos: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Hoërskool Despatch se matriekklas van 1965 het opgeruk na Kaapstad om hulle 50ste skoolreünie te vier.

In totaal het 35 oud-klasmaats hierdie onvergeetlike saamkuier bygewoon.

Een van dié oudleerders, Verna Schonken skryf uit Gauteng, dat dit opwindend ws om mekaar weer te sien.

“Dit was veral ’n voorreg om in die geselskap te wees van ons oud-onderwysers, meneer Jannie Fourie, meneer John Looch en ook dr. Edwin Whittle. Teen dié tyd lyk ons almal redelik eenders met ons grys koppe en plooie, maar die respek en waardering wat hulle tydens ons skool loopbaan geniet het, verdien hulle steeds,” sê Schonken.

Die groep het met toerbusse deur die stad gery, by ’n wynplaas vir ontbyt en wynproe aangedoen, Seal Island per boot besoek en heerlik by Snoekies in Houtbaai uitgespan vir middagete.

“Lam en tam het hulle teen son-onder die dag by die Kaapse Waterfront met oulaas koffie afgesluit en daarna is elkeen weer sy eie koers in met net goeie herinneringe aan ons besonderse reünie.”

Tydens dié klas se 40 jaar reünie in 2005 op Despatch, is ‘n reünie-fonds gestig met die oog op die befondsing van toekomstige reünies. Die skenkings van die oud-leerders het dit moontlik gemaak om die 45 en 50 jaar reünies te befonds.

“Dankie aan Fanie Marais en Johan Stumke wat die dag gereël het en aan almal wat moeite gedoen het om te deel in die besonderse mylpaal.

“Dankie aan Hoërskool Despatch waar ons wortels lê en aan ons Hemelse Vader wat ons met oorvloed seën. Aan almal wie se paaie gekruis het met Hoërskool Despatch, asook die wat tans daar betrokke is, Blaas Hoog Die Vlam!”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.