Despatch sanger wen platekontrak

2016-11-10 06:00
=Elandre Schwartz                   Foto: VERSKAF

=Elandre Schwartz Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die 21-Jarige Elandre Schwartz van Despatch het kitaar in die hand vir ‘n regstreekse optrede op Bok Radio 98.9 FM en Bok TV ingestap en nie geweet hy gaan met ‘n platekontrak van Select Musiek daar uitstap!

Bok Radio Brêkfis aanbied-ers, Wimpie van der Sandt en Le-Lue Roode het dié talentvolle sanger uitgenooi om ‘n akoestiese uitvoering van ‘n paar liedjies – soos Bruce Springsteen se “Tougher than the rest” en Josh Turner se “Your man”, sowel as van sy eie nuutskeppings – op die lug te doen.

Net soos wat hy al met talle gehore gedoen het, het hy die hele ateljee in vervoering gehad met sy merkwaardige talent en diep stem, onbewus van die feit dat sy lewe na die tweede liedjie, op die heel beste manier, op sy kop gedraai sou word!

Ernst Kleinhans van Select Musiek was op die ateljeelyn besig om te luister, reg met die woorde wat Elandre, en almal in die ateljee, in trane gehad het: “Ek gaan op die lug, offisieël vir jou ‘n platekontrak aanbied by Select Musiek wat ‘n afdeling is van Sony Music Entertainment. Jy verdien om gehoor te word, jy verdien om ‘n CD daarbuitekant te hê en jou talent met die mense te deel”.

In die ateljee was daar vir ‘n geruime tyd geweldige emosie en min woorde. Elandre het uiteindelik gesê, “Julle het sopas my hele lewe verander en ek hoop julle weet dit. Ek wil net vir julle dankie sê, en eendag, ek weet nie wat wag vir my nie, maar ek sal altyd vir julle dankie sê!”

Wimpie het verder vir Elandre ‘n hele rits plaaslike optredes gereël, sowel as ‘n optrede op die Bok Radio bootreis na Walvisbaai in Namibië in Januarie 2017.

Die Select Musiek-span is dit eens: hou maar fyn dop, daar wag gróót dinge op Elandre Schwartz – sonder twyfel een van die helderste jong sterre in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf!

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.