Despatch spog met mashie-gholfbaan by kampplek

2017-08-17 06:02
=Johan Lemmer by putjie nommer 7 van die Arabest mashie gholfbaan buite Despatch. In die agtergrond is die karavaanpark.                            Foto:HEILIE COMBRINCK

=Johan Lemmer by putjie nommer 7 van die Arabest mashie gholfbaan buite Despatch. In die agtergrond is die karavaanpark. Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Daar is min plekke in die land met ’n 9-putjie gholfbaan (mashie), ’n “watergat” en ’n karavaanpark op dieselfde terrein.

Hierdie kombinasie is te kry aan die buitewyk van Despatch langs die Swartkopsrivier by Arabest.

Eienaar Johan Lemmer sê hy mag miskien nie ’n gholfspeler wees nie, maar met sy kennis van die konstruksiebedryf het hy gesien die stuk aarde is ideaal vir buitelugontspanning.

“Die moeilikheidsgraad van die baan is nog nie bepaal nie. Ons sal maar na die spelers se woordeskat luister as hulle by die klubhuis instap om hul dors te les,” spot Lemmer.

“Die ding van ’n mashie gholfbaan is dat die afstande tussen die putjies korter is. So spelers gebruik hul nommer 7 of hoër gholfstokke. As jy hier met ’n drywer speel moker jy die bal in die rivier of bos.”

Die langste afstand tussen twee putjies is 155 meter. Dit neem ongeveer ’n uur om die 9-putjies te speel.

Lemmer het die ou perdestalle op die plaas omskep in ’n klubhuis of “watergat” waar spelers hul dors kan les na ’n rondte gholf. Dié klubhuis met sy binnebraai en kaggel is ook beskikbaar vir privaatfunksies.

Arabest Lentedag 9-putjie-

gholfkompetisie

Op Saterdag, 2 September bied Arabest op sy 9-putjie-gholfbaan hul eerste lente-kompetisie aan. Inskrywings is R100 per volwassene waarvan R50 gaan vir ’n braaipak of “watergat-toelae”. Vir spelers onder 18-jaar is die inskrywings R60.

Die drie beste spelers van die dag sal pryse ontvang. Vir die res is daar verskeie gelukkige pryse op die spel.

“Ons het gawe borge gekry en hier gaan lekker pryse wees om te wen. So, gholfers word uitgenooi om die lente op ’n lekker manier af te slaan,” sê Lemmer.

Vir die duur van vrouemaand (Augustus) kan vroue gratis gaan gholfspeel by Arabest.

Arabest se 9-putjie gholfbaan en karavaanpark by Elandstraat 57 is ver genoeg uit die dorpslawaai en naby genoeg om vinnig ’n paar lekker houe in die buitelug te geniet of met ’n karavaan te gaan uitspan.

  • Vir meer inligting bel Colleen 041 933 5766 of Johan by 083 275 1705.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.