Despatchers trots op hul ‘Tikkie Klas’ sanger-seun

2017-03-16 10:07
<Twakkies en Zelda du Toit met ’n foto van Jeanré (links) en Ruhan in hul kinderjare.                foto:heilie ocmbrinck

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Ruhan du Toit was slegs ’n jaar en agt maande oud toe hy die liedjie Heidi nootvas gesing het. Deesdae is hy (nou 34) een van die land se veelsydigste sangers en lid van die gewilde Touch of Class.

“Dit is my kind, ek weet ek mag nie brag nie, maar ek kan nie anders nie,” sê Twakkies du Toit in sy sitkamer op Despatch, waarheen hy en sy vrou Zelda getrek het na sy aftrede by St Albans Gevangenisdiens.

Ruhan is ‘n stembandtowenaar wat met die grootste gemak wissel tussen opera, ‘n rasper rockstem en lekker-luister Afrikaanse braai-songs. Hy sing AC/DC se Thunderstruck beter as die oorspronklike kunstenaars. Sy verwerking van O Solo Mio soos gesing deur Pavarotti en Bryan Adams is briljant. En sy stem toor met liedjies van bekendes soos Elvis, Demis Roussos, Gé Korsten en Groep Twee.

Zelda het al die jare Twakkies en hul twee seuns Ruhan en Jeanré (31) se sangloopbane voluit ondersteun en was die klankvrou!

“Ruhan het nooit formele sangonderrig gehad nie. Hy het op sy eie geoefen en sy stem soos goud opgepas, want hy het van kleintyd af gesê al wat hy wil doen is sing!”

Sound of Silence is sy groot treffer. Hy en broer Jeanré het dit in hul tienerjare saamgesing en dit is ook die titel van een van hulle CDs. Die broers het in 2000 hul kitare gepak en is Gauteng toe om hulle sangloopbane voort te sit. Jeanré het dit later vaarwel geroep, maar help nou dan nog sy broer uit met opnames.

Nadat Ronell Erasmus besluit het om Touch of Class te verruil vir voltydse geestelike musiek het Ruhan by Deon van der Merwe van Touch of Class aangesluit.

“Dit was ‘n kits-sukses en die manne se musiek is magic,” sê Twakkies.

Ruhan was ook goed bevriend met Joost van der Westhuizen en is gevra om by sy gedenkdiens op Loftus Sound of Silence te sing. Dit was een van Joost se gunsteling liedjies. Twakkies sê Ruhan het daarteen besluit omdat dit vir hom “te emosioneel was en het daarom het hy Halleluja gesing.”

Twakkies sê hy kom uit ‘n familie wat lief was vir sing. “Ruhan het my gene, maar sy ta-lent het hy van die Here af gekry.”

Ruhan is ook meersterlik met instrumente soos kitaar, mondfluitjie, klavier, perkussie en dromme. Hy was op laerskool by Altona en is daarna na HTS Daniel Pienaar, maar het sy skooljare by Newton tegniese skool voltooi.

  • Touch of Class se 20 Maart optrede by Barklystraat Teater is uitverkoop. So-ook hul vertonings op 22 en 23 Maart by La Colline. Maar hulle is op die vakansiedag, 21 Maart, by Innibos-buitelugkonsert en 24 Maart by Open Sky voor hul weer terugkeer na die noorde.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

Behind the sparkle

Alluring, beautiful and timeless - diamonds are some of the most sought after gems in the world and are a true testament of everlasting brilliance. Let us take you behind the sparkle to show you the history behind this coveted jewel.

/Sport
 

Chocolate can be fatal for dogs

Chocolate contains a substance called theobromine that is similar to caffeine and is toxic to dogs at certain levels.

 
 

Paws

Spider-man star's adorable relationship with his dog
Do you know what you are feeding your dog?
Watch: Proof animals have souls
Would you clone your pet?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.