‘Dooie’ bees vat toe die pad

2016-07-07 06:00
=Hannes Bekker van Kruisrivier by sy beskadigde Isuzu bakkie nadat ’n losloper bees op die snelweg naby die afrit na Volkswagen voor hom ingeloop het.                                                                         Foto: HEILIE COMBRINCK

=Hannes Bekker van Kruisrivier by sy beskadigde Isuzu bakkie nadat ’n losloper bees op die snelweg naby die afrit na Volkswagen voor hom ingeloop het. Foto: HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Was dit nie só ’n ernstige probleem nie, sou ’n mens kon spot en sê Hannes Bekker, boer van die Kruisriviergebied, het die beste verskoning vir sy stukkende motor én laat by die huis kom uitgedink.

Die storie gaan só: hy het ’n bees raakgery, ’n entjie verder geloop vir selfoonsein, die polisie en insleepdienste gebel, teruggeloop na sy motor en toe... toe is die bees weg.

Nog ’n interessante, maar onverwante draai aan dié storie is dat Bekker op dieselfde datum (28 Junie), toe die destydse Oosterlig 50 jaar gelede oor die probleem van loslopende vee berig is, teen die bees gebots het.

Toe al is daar in net een maand 81 loslopende diere op openbare paaie in en om die Baai aangekeer.

Hannes kyk na sy vernielde bakkie. “En vir die afgelope 50 jaar is daar nog niks aan die probleem van loslopende vee gedoen nie!” sug Bekker en bekyk sy vernielde bakkie.

“Was dit nie vir hierdie stewige bull bar (beesbuffer) nie, dan het hy dwarsdeur gegaan, dan het ek baie seergekry.”

Die bakkie het die bees teen nagenoeg 100km/h getref by die afrit na die Volkswagen fabriek.

“Dit is donker daar. ’n Kar voor my het uitgeswaai. En die oomblik toe hy regs draai, toe slaan ek die bees,” vertel Bekker.

’n Volgende motor is toe so amper in die donkerte oor die ‘dooie’ bees, dié dat Bekker toe teen die hoogtetjie uitgeloop het om vir hulp te bel.

“En ek kom terug by my bakkie en toe het daai bees opgestaan! Ek het gaan soek... dit was so ’n groot donkerrooi bees...en ek kry hom daar waar hy staan teen die padreëling.”

Toe die insleepdienste daar opdaag, het Bekker gou weer die bees gaan soek. “Jy gaan my nou nie glo nie... toe is hy weg! Hy het seker iewers geloop en dood neergeslaan.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.