Drostdy bedank publiek vir hul ondersteuning

2016-12-15 06:02

Die ondersteuning van die publiek en plaaslike besighede aan Drostdy Werkplek vir verstandelik gestemde persone, het vanjaar gewys hoe ’n gemeenskap in moeilike tye ’n positiewe verskil kan maak.

“Vanjaar was ’n moeilike jaar. As dit nie vir die ondersteuning van die publiek en besighede was nie, het ons die Kersseisoen hartseer ingegaan,” sê Yvonne Barkhuizen, bestuurder van Drostdy Werkplek vir verstandelik gestremde persone.

Dié werkplek bied aan 83 verstandelik ge-stremdes, van regoor die land, ’n heenkome waar hulle op ’n daaglikse basis konstruktief besig gehou word.

Daar word gebrei, naaldwerk gedoen, houtwerk, koekies en brode gebak en hulle help met korporatiewe nutstakies soos verpakkings en die maak van geskenke.

“Ons dankbaarheid is nie net oor die ondersteuning van ons kleinkoekie-verkope nie. Dit is ’n dankbaarheid teenoor elkeen wat ons ondersteun, die bemoedigende woorde, liefde en gebede.

“Ons waardeer dit, want dit gee ons krag en moed om voort te bou op die omgee vir ons 83 mense by die werkplek.

“Ons almal hier wens die publiek en al ons ondersteuners ’n geseënde Kerstyd toe en voorspoed vir 2017,” sê Barkhuizen.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/South Africa

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.