Drywers wil taxi’s los en busse bestuur

2017-05-18 06:00
Altesaam 31 taxibestuurders het hul leerlingrybewyse vir kode 14-voertuie by die Uitenhage- verkeersdepartement ontvang as deel van hul opleiding om bestuurders vir Nelson Mandelabaai se snelbusdiens te word. Hier is, van links, adv. Fezile Gaushe (voorsitter van die metro se bemagtigingskomitee vir die IPTS-projek), Gregory Mitchell, Cheslyn Paul, Athlee Phillips, Rano Kayser (burgemeesterskomiteelid vir paaie en vervoer), Adrian Hanse, Romeo Buys, Samuel Meshilinie en Gino Arends (instrukteur van die Bay Driving School). Foto: Werner Hills

Altesaam 31 taxibestuurders het hul leerlingrybewyse vir kode 14-voertuie by die Uitenhage- verkeersdepartement ontvang as deel van hul opleiding om bestuurders vir Nelson Mandelabaai se snelbusdiens te word. Hier is, van links, adv. Fezile Gaushe (voorsitter van die metro se bemagtigingskomitee vir die IPTS-projek), Gregory Mitchell, Cheslyn Paul, Athlee Phillips, Rano Kayser (burgemeesterskomiteelid vir paaie en vervoer), Adrian Hanse, Romeo Buys, Samuel Meshilinie en Gino Arends (instrukteur van die Bay Driving School). Foto: Werner Hills

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Met breë glimlagte op hul gesigte en vars ink op hul nuwe leerlingrybewyse het ’n groep taxibestuurders die eerste stap gedoen om hulle as busbestuurders te bekwaam.

Altesaam 31 bestuurders het dié toets by die Uitenhage-verkeersdepartement geslaag met die oog daarop om as werknemers van die Nelson Mandelabaai se snelbusdiens agter die stuurwiel in te skuif.

Rano Kayser, burgemeesterskomiteelid vir paaie en vervoer, sê dié mylpaal toon die vordering wat die metro met sy geïntegreerde openbare vervoerdiens (IPTS) gemaak het sedert hy in Desember verlede jaar ’n memorandum van ooreenkoms met taxiverenigings gesluit het.

“Sommige van die begunstigdes het dalk net tot graad 7 of graad 8 skoolgegaan,” sê Kayser.

“Met dié opleiding neem ons hulle uit hul vorige omstandighede en bied aan hulle hoop en ’n toekoms.

“Met ’n kode 14-rybewys kan hulle mededingend wees en vragmotors ook bestuur. Ons gee hulle ’n visstok eerder as ’n vis.”

Die vier begunstigdes wat nie hul leerlingrybewyse ontvang het nie, sal ’n kans gegun word om die toets weer te doen.

Vir Gregory Mitchell (50), die taxibestuurder en -eienaar wat eerste uit die lokaal ge­stap het, was die toets maklik.

“Ek het al 15 jaar gelede my rybewys gekry en die padreëls bly dieselfde vir kode 14. Dit is die bestuurslesse self wat ’n aanpassing gaan wees, maar ek is reg daarvoor.”

Die snelbusdiens sal na verwagting teen einde Junie in werking tree nadat 144 taxi bestuurders opleiding ontvang het.

Kayser sê egter die skade wat verlede week gedurende betogings in Helenvale aan die IPTS-bane op Standfordweg aangerig is, moet nog bepaal word en herstelwerk sal dalk nodig wees.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
There's an app for that: how apps have changed us

"There's an app for that" is more than just Apple's marketing mantra. Mobile apps have emerged over the last 10 years or so for practically every need in a person's day and changed our lives.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.