Duitse ambassadeur ry taxi met ‘71 VW Kombi

2016-10-27 06:00
=Taxibestuurders en pendelaars in Mamelodi kom kyk Saterdag na die vreemde “taxi”, #KhombiSAGermany van die Duitse ambassade in Pretoria, in hul geweste.  Foto: Lisa Hnatowicz

=Taxibestuurders en pendelaars in Mamelodi kom kyk Saterdag na die vreemde “taxi”, #KhombiSAGermany van die Duitse ambassade in Pretoria, in hul geweste. Foto: Lisa Hnatowicz

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die naweek was daar ’n ander soort “taxi” en bestuurder in strate van Mamelodi in die ooste van Pretoria.

Walter Lindner, Duitse ambassadeur, was agter die stuur van die ambassade se opgeknapte Kombi in die kleure van die Duitse vlag om pendelaars in die township rond te ry.

Lindner was self voorheen ’n taxibestuurder in Duitsland.

Voordat hy hier die strate slegs vir die dag kon invaar, moes hy eers sy “taxi-geloofs-briewe” by lede van die Mamelodi-taxivereniging kry.

Dit het onder meer ’n mengeldrankie van Coke en Fanta ingesluit wat Lindner in een sluk ten aanskoue van die ander taxibestuurders moes afsluk.

Lindner het hulle toe uitgevra oor hul lewe as taxibestuurders en of hulle genoeg geld verdien om vir hul families te sorg.

Almal het dadelik “nee” geantwoord.

Die Kombi, wat van 1971 dateer, heet deesdae #KhombiSAGermany, ’n woordspeling van die Zoeloe-uitdrukking “Khombisa” (om te wys) en soos wat Suid-Afrikaners in die volksmond na die Volkswagen-mikrobus verwys.

Twee Volkswagen-geesdriftiges, Jan en Michelle Pretorius, het dié stuk geroeste metaal onder hande gehad nadat die ambassade juis ’n Kombi, weens die langdurige liefdesverhaal tussen Suid-Afrikaners en hul Volkswagen Kombi’s, wou gebruik om Duitsland op ’n “vars en opwindende wyse” hier te bemark.

“Met #KhombiSAGermany gaan ons Duitsland na jou bring.

“Ons hoop om met Suid-Afrikaners oor die land heen in gesprek te tree in hierdie bus,” het Lindner by die bekendstelling van die bus in Julie gesê.

Hy wou juis daarom ook die pendelaars in Mamelodi ’n “Duitse ervaring” op die bus gee.

Die Kombi se sitplekke is in ’n L-vorm om gesprek aan te moedig.

Daar is arendmotiewe op die sitplekke en op die voorkant van die bus. ’n Arend kom op die Duitse nasionale skild voor.

Lindner het voordat hy weer agter die stuur van die Kombi ingeskuif het, eers die deur vir die pendelaars oopgehou en een selfs gehelp met haar inkopiesakke.

Yvonne Ubisi was sy eerste kliënt.

Nephtaly Hlatshwayo van die ambassade en ’n inwoner van Mamelodi was Lindner se navigator.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.