Eerste Despatch-vrou wat Ysterman voltooi

2017-05-04 06:00
=Karen Mels van Despatch met haar eerste Ironman-medalje.        Foto:HEILIE COMBRINCK

=Karen Mels van Despatch met haar eerste Ironman-medalje. Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Daar is baie “Ystermanne” op Despatch, en vanjaar spog dié dorp met sy eerste vroue-inwoner wat dié internasionaal-gewilde én moordende Ysterman driekamp-uitdaging suksesvol voltooi het.

Karen Mels (52) het 8 Two Oceans, 6 Comrades en ’n hele paar Redhouse riviermyle agter die rug, terwyl deelname aan die Ysterman-kompetisie altyd maar net ’n droom gebly het.

Nou hang haar Ysterman-medalje in haar huis nadat sy haar droom met ‘n tyd van 14:47:31 bewaarheid het.

“Daar is ’n gesegde wat lui: Every Ironman needs an iron fan. Ek het gedink ek sal altyd ’n fan bly en nooit self dit kan doen nie,” sê Mels, ’n ouditeur by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, wat vir jare ’n getroue Ysterman-toeskouer was.

Haar eerste tree van toeskouer na deel-nemer is juis te danke aan haar verloofde, Marius van Deventer, wat haar aangemoedig het om saam met hom te oefen.

“My verloofde het in 2011 sy eerste Ysterman gedoen en toe ook in 2012, wat sekerlik die ergste Ysterman-kompetisie ooit was weens ekstreme weersomstandighede.

“Ek het hom bewonder vir wat hy vermag het. Nou doen ons dit saam en is ons mekaar se grootste Iron fans.”

Op daardie stadium het sy swemlesse ge-neem met haar oog op deelname aan die jaarlikse Redhouse riviermylswem-uitdaging.

“Swem en fietsry is vir my die belangrikste komponente van die drie elemente.

“Vir die Ysterman moet jy see-swem tot perfeksie oefen want daar is soveel veranderlikes in die see waarmee jy moet rekening hou.

“Maar, wanneer ek eers in die see- water is, kom daar ’n ongekende gevoel van vrede in my, dit is vir my die lekkerste van die drie elemente van deelname,” sê Mels.

Sy het in 2015 na ’n streng oefenprogram van 16 weke haar eerste Ysterman aangepak.

“Met die swem het dit goed gegaan, maar toe mis ek die fietsry-afsnytyd met twee minute omdat my fiets se ketting probleme veroorsaak het. So, dit was ’n groot teleur-stelling want dan kan jy nie verder deelneem nie.”

Sy vertel dat die voorbereiding vir ’n Ysterman nie net gaan oor swem (3.86km), fietsry (180.25km) en hardloop (42.20km) nie - én om dit in alle weersomstandighede te kan vermag nie - maar ook om ewe hard jou kop reg te kry sodat jy geestelik fiks is vir die uitdagings.

“Ysterman is eintlik ’n uitdaging in jouself. Daar is nie ’n kortpad in voorbereiding nie, dit is taai ... baie taai, maar dit is ’n onvergeetlike belewenis.

“ ’n Mens se laaste paar treë oor die rooitapyt en om verwelkom te word as ‘You are an Ironman...’ is ’n onbeskryflike trotse gevoel.

“Ek weet daar is baie vroue op Despatch wat net soos ek, droom om aan die Ysterman deel te neem. Hulle kan, net soos ek, ook hierdie droom laat realiseer.

“Hou op om te sê eendag wil ek dit doen ... glo in jouself en neem die wilsbesluit. Kry ’n oefenprogram en volg dit streng met absolute toewyding, skryf in en wéét die rooitapyt-oomblik gaan jou lewe verander!”

Mels sê sonder die ondersteuning van haar familie, vriende en Marius, wie almal nou haar Iron fans is, sou sy nie die maande van tawwe oefening en uiteindelike Ironman rooitapyt-oomblik kon beleef nie. Daarvoor sê sy vir hulle almal baie dankie!

“Die Ironman is glamorous. Dit is regtig lekker en ek wil dit weer doen!”

Mels sê sy was nog nooit gepla oor tatoeër-kuns nie, maar oorweeg dit om die Ysterman-logo deel van haar te maak omdat dit haar lewe vir goed verander het.

  • Wyle Johan Smit was die eerste man op Despatch wat ’n Ysterman voltooi het. Hy is jare later noodlottig getref deur ’n minibus tydens ’n oefensessie ter voorbereiding vir die Ysterman.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/World
 

For the love of Corgis!

WATCH: 35 Corgi's to make your day! If they’re good enough for the Queen of England they’re good enough for us.

 
 

Paws

Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Buying a puppy? Don’t get scammed!
WATCH: These funny animal videos will make you LOL!
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.