Erns Grundling stel boek bekend op sy tuisdorp

2017-08-24 06:01
<Erns Grundling, ’n oud-Brandwagter, bekende Weg-joernalis en skrywer van die boek “Elders” by die beginpunt van die Camino Francés pelgrimsroete.                                Foto:TIMnA KIRSHENBAUM

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Storieman, stapper, skrywer en oud-Brandwagter Erns Grundling is Saterdag op sy tuisdorp waar hy sy boek Elders bekendstel.

“Ek sien veral uit daarna om dié boek op Uitenhage bekend te stel. Dit is ‘n reisverhaal oor die Camino-pelgrimstog in Spanje, maar ook deels ’n memoir, met heelwat verwysings na my grootwordjare op die dorp en skooldae,” sê Erns Grundling wat die naweek sy Alma Mater se 80ste bestaansjaar bywoon as-ook sy 20 jaar klasreünie.

In Mei 2015 reis Grundling, be-kende Weg-joernalis, na Europa om die Camino Francés, die bekende en gewilde pelgrimstog in Spanje op sy eie te gaan stap.

Hy is onvoorbereid, oorgewig, beseer en onfiks. Daarby is hy volledig ontnugter deur homself, die liefde en die lewe self.

Elders vertel die verhaal van Grundling se staptog van 1 025km oor 40 dae, wat hy sonder ’n selfoon, kamera of horlosie aangepak het.

In ’n tyd wat ons almal toenemend onder beleg voel weens die onmiddellikheid van selfone en sosiale media, ontdek hy die ware betekenis en beloning van om in die oomblik te leef.

Hy raak meer as een keer verlief, loop sy döppelganger raak, beleef ’n reeks avonture en ontmoet kleurryke karakters, skud meer as 10kg af en kom tot waardevolle nuwe insigte langs hierdie eeue-oue roete van innerlike transformasie.

Grundling sê hy het gaan stap om weg te kom van skryf, maar met sy terugkoms het hy besef hy hét ’n storie om te vertel.

Elders is sedert Maart vanjaar op die rakke en die boek is reeds in ‘n derde druk.

’n Paar bekendes wat woord vir woord deur Elders saam met Grund-ling gestap-lees het sê die volgende:

“Dis geen ‘Boere-Eat Pray Love’ nie, maar dis wel een van die eerlikste, sprankelendste reisverhale en memoires wat die afgelope tyd in Afrikaans verskyn het.” – Willemien Brümmer

“Van al die Jakobsweg-boeke wat ek al gelees het, was joune die lekkerste lees.” – Lizette Rabe

“Dit is ’n genoeglike boek. En jy hoef nie die werklike pad te gestap het om hierdie boek te waardeer nie.” – Joan Hambidge

Grundling is Saterdag om 11:00 in Brandwag se personeelkamer waar hy sy boek gaan bekendstel. Nog ’n be-kende joernalis Veronica Fourie gaan met Grundling tydens sy boekbekendstelling gesels.

Toegang is gratis, maar sitplek is beperk (daar is rofweg plek vir 100 mense). So, belangstellendes moet RSVP by katvis22@gmail.com om die bekendstelling by te woon.

Grundling sal eksemplare van die boek beskikbaar hê sowel as ’n paar DVDs van Weg Agterpaaie Namibië, die VIA-reeks wat hy saam met Toast Coetzer aanbied.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.