Fietsryer pak 941km

2017-10-05 06:00
<Johan Oosthuizen van Fuel On Wheels saam met sy dogter Rianelle (links) en vrou Ronelle (regs). Hy gaan op 18 Oktober 941km per fiets aanpak vanaf Johannesburg na Durban ter bewusmaking van mense wat met kanker moet saamleef.                Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die “mal ou op die fiets” kan nie lank stilsit nie. Hy poets alweer sy fietswiele vir sy volgende selfop- gelegde uitdaging: ’n vyf-dag alleen-trap oor ’n afstand van 941km vanaf Johannesburg na Durban ter bewusmaking van mense wat met kanker moet saamleef.

Johan Oosthuizen van Fuel on Wheels, pak nie dié byna 1 000km vir eie gewin aan nie, tog is daar ’n hele paar ondersteuners wat hom per kilometer borg.

Hy pak die tog aan vir kankerlyers en spesifiek vir Donna, ’n kollega van hom wat met dié lewensbedreigende siekte gediagnoseer is sowel as vir die plaaslike Reik Na Herstel borskanker-ondersteuningsgroep (Reach For Recovery).

“Kanker was nog altyd ’n ding wat op een of ander wyse gekoppel word aan ’n hartseer storie. Ons almal ken iemand wat dit het of wat as gevolg van kanker gesterf het. Daarom pak ek die malligheid aan, want elke tree wat ek trap is vir mense met kanker.” sê Johan Oosthuizen van Uitenhage.

Sy eerste langafstand uitdaging was vir Jamie-Lee Barendse, ’n meisie in ’n rolstoel. Hy het vanaf Johannesburg na Uitenhage gery om vir haar ’n goeie rolstoel te skenk. Daarna het hy vroeër vanjaar twee Guinness World Records met fietsry agter sy naam gekry, en dié al-om-die-blok uitdagings was vir Janecke Schuin wie se been geamputeer is as-ook ter nagedagtenis aan Jayde Inggs.

Sy vrou Ronelle sal hom al die pad vanaf Johannesburg in ’n bystandvoertuig vergesel.

“Dit is hoekom ek dié malgoed regkry. My vrou glo in my.”

Sy roete begin op 18 Oktober vanuit die Goudstad waarna hy deur die Oos-Vrystaat gaan kronkel, verby die Drakensberge, deur die Natalse middellande, Pietermaritzburg en dan sluit hy af met sy deelname aan Suid- Afrika se oudste klassieke fietswedren, die Amashova Durban Classic Cycling Race.

“Ek begin alleen trap en eindig die Ride to Durban For Donna saam met ongeveer 17 000 Amashova deelnemers.

“Ek ry vir ’n rede. Al maak ek net ’n klein gaatjie toe, het ek my doel bereik. Ek kan nie die hele wêreld vir hulle makliker maak nie, al wil ek.”

Hoe kan mense van Uitenhage en Despatch Johan ondersteun? As hulle wil, kan hulle hom teen ’n paar sent per kilometer uitdaag, hy hou van uitdagings en hou ook daarvan om wie ook al hom uitdaag nie teleur te stel nie.

  • Vir meer inligting oor sy Ride To Durban For Donna uitdaging bel Johan Oosthuizen by 062 668 5745.

Johan se volgende groot uitdaging op Uitenhage is ’n 24 uur uithourit, Let’s Live For Jayde, op Woendag, 22 November. Dit is Jade Inngs se verjaardag.

“Op Uitenhage is Jayde, Jayde Inngs. Sy het daagliks ’n verskil aan mense en diere se lewens gemaak. Haar tragiese dood het my diep geraak en my lewe verander,” sê Johan.

Die Let’s Live For Jayde uitdaging begin op Dinsdag, 21 November om 18:00. Johan beoog om 500km in 24 uur te ry en ondersteuners is weereens welkom om saam te ry. Daar sal ook ander aktiwiteite wees en ’n markiestent sal op die oop stuk grond oorkant Johan se huis in Aalwynrylaan opgeslaan word.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.