Fietsryer trap dat die bloed sweet ...

2017-04-06 06:02
=Johan Oosthuizen (links) saam met ondersteunende fietsryers in aksie.  Foto: MORNé du randt

=Johan Oosthuizen (links) saam met ondersteunende fietsryers in aksie. Foto: MORNé du randt

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Nie eens ’n moontlike geweerskoot, gebarste lippe, bloedsweet, blase, uiterste temperature of lood-bene, kon Johan Oosthuizen (40) keer om ’n nuwe wêreldrekord op te stel en duisende Rande vir liefdadig-heid in te samel nie.

Ná 1 700km - 408 keer dieselfde roete - en 6 dae in die saal van sy trapfiets, het Johan - stigterslid van die nie-winsgewende organisasie Fuel on Wheels - nagenoeg R38 000 vir drie skole losgetrap. Die laerskole wat by die projek baatvind is Winterberg, Innes en die Northern Lights School.

Daar is ook hope blikkieskos en twee rolstoele ingesamel.

Johan, en twee fietsry-vriende Jaco Human en TJ Kitching, spog ook met die wêreldrekord vir die meeste minute aaneen getrap. Hulle het 17 ure en 36 minute aaneen getrap. Die rekord was 17 ure en 33 minute.

“Ek het gedink ek gaan dood. My krag was op, ek kon net die verder nie. Jou seer word seerder.

“Maar toe my vrou, Ronelle, my om die lyf vashou terwyl ek trap en saam met my draf-stap, het ek nuwe krag gekry.

“Ek sou dit nie sonder haar kon doen nie. Ons het dieselfde tipe persoonlikheid. Ingee bestaan nie vir ons nie. Omdat ons so eenders is, verstaan ons mekaar. Boonop is ons mekaar se beste vriende.”

Johan sê hy het nou wel nie die drie be-oogde wêreldrekords opgestel nie, “maar die bewusmaking wat ons geskep het, is groter as enige rekord.”

Die afstande daagliks het van sowat 127km tot 317km gewissel en slaap was min. Slegs 11 ure in die 6 dae. Hy was elke oggend om 04:00 op sy fiets, reg vir die dag se uitdagings. Om tyd te bespaar, het hy in ’n tent voor sy huis geslaap.

Volgens Johan het die eerste dag hom tot op die uiterste beproef. Nie net is hy amper deur ’n rower geskiet nie, maar sy fiets se ketting het ook gebreek.

Danksy Bomma Woest van Woga Sekuriteit en Steven Laas van Penford Cycle was hy die volgende dag ongedeerd terug op die pad.

Dit is nou behalwe vir die kwiknaald wat op dag 4 tot by 43 grade Celsius gestyg het.

“Jy beleef rou emosie. Dit is heeltamal anders as enige ander uitdaging wat ek al aangepak het. Nou nog, dae na die groot uitdaging, is my gedagtes vol van die onvergeetlike 6 dae wat ek saam met die ongelooflikste groep mense op my fiets beleef het.

“Soms wil ek kliphard lag vir die grappe wat ons in daardie paar dae gemaak het. Ander kere wil ek huil.

“Maar net as jy self daar was, sal jy regtig verstaan waaroor dit eintlik gegaan het.

“Die uitdaging was vir baie van ons ’n ge-leentheid om ons daaglikse verantwoordelikhede te ontsnap en ’n wonderlike tyd saam met ander deur te bring wat net soos jy dink en voel. Mense wat positief lewe en ’n hart vir ander het.”

Die ondersteuning van die gemeenskap, Luister!FM, Mariska en Morné Deyzel van Fuel on Wheels en Entangled Freedom- motorfietsklub was vir Johan “ongelooflik”.

Hy het op 26 Maart by 49 Aalwynrylaan in Uitenhage weggetrek en op 1 April by Dans-kraal in Uitenhage gestop.

Sal hy gou weer so iets aanpak?

“Nie vandag nie. Miskien volgende week,” sê hy laggend.

“Maar vra my eerder weer oor ’n maand.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/World
 

For the love of Corgis!

WATCH: 35 Corgi's to make your day! If they’re good enough for the Queen of England they’re good enough for us.

 
 

Paws

Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Buying a puppy? Don’t get scammed!
WATCH: These funny animal videos will make you LOL!
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.