Fietsryer wil Guinness rekords laat spat

2017-03-16 10:07

Kophou. Wakkerbly. Aanhou. Trap. Ses dae, 132 ure in die saal van sy fiets vir 4 992km. Alles vir liefdadigheid.

Fietsryer Johan Oosthuizen (40) van Uitenhage, stigterslid van die nie-winsgewende organisasie Fuel on Wheels, gaan op 26 Maart die speke vir drie minderbevoorregte skole in die Oos-Kaap laat sing: die Laerskool Innes, die Laerskool Winterberg en die Northern Lights School.

Hy spring om 12:00 by 49 Aalwynrylaan in Uitenhage weg en sal vir ses dae ’n sirkelroete volg deur Hexrivierweg, Graaff-Reinetweg en Daniel Pienaarstraat tot weer in Aalwynrylaan.

Johan hoop om ten minste 160 rondtes van 5.2km per dag te voltooi. Dit beteken 832km per dag en uiteindelik 4 992km oor ses dae.

Die eerste rondte sal dit net Johan, Ruané Wentzel (11), Jamie-Lee Barendse (25), Janecke Schuin (10), die Fuel on Wheels-span en die motorfietsklub Entangled Freedom wees. Daarna is enige iemand welkom om saam met ons fiets te ry, draf of te stap.

Saterdag, 1 April word ook ’n spesiale rondte ter herinnering aan Jayde Panayiotou gehou. Die liefdadigheidstog word daarna by Danskraal in Cuylerstraat met ’n potjiekos- en boereworskompetisie sowel as dans om 18:30 afgesluit. Toegang vir die dag is R20 per persoon.

Johan sê daar is ’n paar redes waarom hy so ’n groot uitdaging aanpak, maar dat dit hoofsaaklik gaan om mense met gestremd-hede te help en om bewustheid te skep.

“Ek hou daarvan om uitdagings aan te pak. Op hierdie stadium leef ek my drome en doen dit om mense te motiveer om nooit tou op te gooi nie.”

En dan, is dit ook die perfekte manier om Fuel on Wheels se eerste verjaardag te vier.

(Vervolg op p. 6)

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Durban fire under control

2017-03-26 17:03

Inside News24

 
/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.