Foto’s ingewag van buitengewone in natuur

2017-06-01 06:02
Ina Liebenberg het dié foto van ’n dikkop-kuiken geneem. Kyk die ogie!                  Foto:INA LIEBENBERG

Ina Liebenberg het dié foto van ’n dikkop-kuiken geneem. Kyk die ogie! Foto:INA LIEBENBERG

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Fotografie gaan nie net om ’n mooi prentjie af te neem nie. Fotograwe is dikwels natuurliefhebbers en kyk daarom anders na wat om hulle is en sien die mooi, soms piepklein en interessante dinge raak.

“Elke foto het ’n storie om te vertel terwyl sommige foto’s ’n mens aan die raai kan sit,” sê Johann Engelbrecht van die Uitenhage-kameraklub wat tans ’n fotokompetisie aanbied.

So het een van die inskrywers, Ina Liebenberg, daarin geslaag om ’n foto van ’n dikkop-kuiken af te neem. Die kuiken staan helder in daglig en sy het op dieselfde vlak as die voëltjie gesak om dit af te neem.

“Kyk net daardie ogie!”

Miacarla Tee het weer ’n foto van ’n vreemde gogga geneem waarvan sy nie die naam ken nie.

“Vermoedelik is dit ’n Curculio Glandium, of familie daarvan, maar sy spesiegenote vreet akkers in die noordelike halfrond. Baie oplettende twee fotograwe. Goed gekyk!” sê Engelbrecht.

UD Nuus-lesers se hulp word benodig met die identifisering van die gogga. Of dalk is daar ’n volksnaam vir die vreemde insek?

Kom nou fotograwe, moenie nog wonder oor jy kan of nie kan nie. Loop ná die reën in jou tuin en kyk na die mooi druppels.

En waar is die buitelug-ouens? Ons sit hier midde-in die besondere valleibosveldbioom wat nêrens elders in die wêreld te vinde is nie.

As jy ’n kamera het, gaan uit en neem interessante foto’s en skryf in.

Uitenhage-kameraklub se fotokompetisie is aan die gang en sluit op 15 Junie 2017.

Inskrywings:

. Slegs elektroniese inskrywings word aanvaar. Foto’s mag in kleur of swart-en-wit wees en mag nie groter as 4MB wees nie.

. Manipulasie word toegelaat, maar binne die perke van om ’n foto te krop, verskerp of die kleur en kontras te verbeter.

. ’n Deelnemer mag so veel as 5 foto’s per kategorie inskryf.

. Elke foto moet vergesel wees van: jou naam en van, posadres, e-pos en ouderdom. Ook vir watter kategorie ingeskryf word en die soort kamera wat gebruik is.

. Stuur foto’s na uccfoto@gmail.com en die sluitingsdatum is Donderdag, 15 Junie.

. Inskrywingsgeld is R10 per foto vir juniors en R20 per foto vir seniors.

. Betalings is by: Uitenhage Kameraklub, First National Bank, Uitenhage-tak, takkode: 210316, rekeningnommer 624 9098 4533 met verwysing “Kompetisie”.

Pryse:

V Eerste plek: Gratis lidmaatskap van die Uitenhage-kameraklub; A3-grootte afdruk van die wenfoto; 4 gratis oriënteringslesse in fotografie (handleiding ingesluit).

V Tweede plek: A4-grootte afdruk van die foto; 4 gratis oriënteringslesse.

V Derde plek: 4 gratis oriënteringslesse.

  • Navrae: Johann Engelbrecht 082 415 5414.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

Behind the sparkle

Alluring, beautiful and timeless - diamonds are some of the most sought after gems in the world and are a true testament of everlasting brilliance. Let us take you behind the sparkle to show you the history behind this coveted jewel.

/News
 

How to get rid of fleas

Before you call in the pricey exterminators, try this DIY approach that promises to get your flea problem under control.

 
 

Paws

12 Cool cat facts
Chocolate can be fatal for dogs
Spider-man star's adorable relationship with his dog
Do you know what you are feeding your dog?
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.