Gawe reismaat wat langpad kort maak

2017-02-02 06:01
=Iewers tussen Kakamas en Pella het die Tiguan deur die draad ogies gemaak vir hierdie Goggomobil T250. Dit is ook ‘n Duitse motor en is in die 1960s vervaardig.  Fotos: HEILIE COMBRINCK

=Iewers tussen Kakamas en Pella het die Tiguan deur die draad ogies gemaak vir hierdie Goggomobil T250. Dit is ook ‘n Duitse motor en is in die 1960s vervaardig. Fotos: HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Wat het die Goggomobil mikrokar, die Hanomag trekker wat op ‘n tiekie kan draai en Volkswagen se Tiguan in gemeen? Wel, hulle is al drie van Duitse afkoms én die drie se paaie het gekruis op my reis na die voormalige Duits-Wes Afrika.

Een ding wat ek na die reis weet, is wanneer jou sitvlak nie lam is nie na ‘n byna 3 000km sirkel-padvat-roete in snikhete hitte onder die Afrika-son om nuwe horisonne te verken, beteken dit jou ryding absolute rygemak bied met pure bestuurplesier! Dis ‘n làààng pad Namibië toe, maar gee vir my ‘n Tiguan en ek doen dit weer …

Dié splinternuwe Tiguan 1.4 TSI (110kW) DSG het sy voorganger se geronde spierboudjie-voorkoms afgeskud in ruil vir ‘n veel meer gedefinieerde baklynwerk. Ook die skrefiesoog LED-ligte, nuutontwerpte rooster, panoramiese swart oopskuifsondak en allooi-wiele komplementeer die ryding se vaartbelynde en luukser voorkoms.

Op pad verby dorpe soos De Aar, Prieska, Grootdrink, Springbok en Calvinia is die dorheid byna ondraaglik en die enigste groen wat jy sien is die padborde.

Dan sê jy hard-op dankie vir die gemak van ‘n koel kajuit wat hemels is, want daar in die Richtersveld is dit helwarm en die kwik dans tot duskant 50 grade.

Die oop pad vra vir die aktivering van die outomatiese voet-in-die-hoek spoedbeheer sowel as die afstandbeheer wat inskop as jy ‘n voertuig voor jou inhaal. Met dié opsies geaktiveer die Tiguan se DSG ratkas in sy element en maak die langpad tjiep-tjop kort. Al wat jy hoef te doen is om die landskappe waardeur jy reis te geniet.

Nog ‘n uitstekende reismaat in die Tiguan is sy kristalhelder DynAudio klanksisteem wat jou laat voel jy ry op die klankbaan van jou eie woestynfliek.

Agtersitplekkermgatte was daar nie, maar hierdie Tiguan kan die rol nogal self goed vervul as dinge nie is soos geprogrammeer is nie. Draai net die ruit oop - om pad te vra in Pella - en die aanmaning kom gou op die beheerpaneel wat sê “maak toe die vensters jy tree nie-ekologies ekonomies op nie” (of so iets …). So-ook vertel die afstandsensors bitter gou vir jou as iets ietwat te naby aan die bakwerk is. ‘n Gerusstellende aspek is die wiskundebrein wat dit gerusstellend maak op paaie waar vulstasies ver uitmekaar is, deur vir jou ‘n presiese aanduiding te gee van hoe ver jy teen jou gemiddelde spoed kan reis voordat dit tyd is om sy pens vol te maak.

Aan been- en bagasieruimte is daar nie ‘n tekort nie. Nog ‘n pluspunt is die groot bagasiebak (520 liter) en die gerief dat die bak outomaties kan oop- en toemaak. In die kajuit is daar soveel spasie dat jy maar kan armswaai om uniekhede langs die pad uit te wys, soos die vreemde 1960s Goggomobil wat hoog en droog tussen Prieska en Pofadder op ‘n paal staan. Of die veelsydige Hanomag trekker by Kakamas wat deel is van ’n kokerboom en vetplant tuin.

Die roeteteller aan die einde van my nuwe-horisonne-verken-reis het op 2 916km ge-staan. Oor die afstand was daar baie sterk wind van voor, uitermatige hoë temperature wat gemaak het dat die lugversorging permanent aan was. En die uitgestrektheid van die landskap en reguit paaie was ‘n ope uitnodiging om die spoedmeter goed te laat omtol na regs. Met hierdie faktore in ag geneem was die gemiddelde brandstofverbruik oor dié afstand ‘n ekonomiese 9.8 liter per 100 kilometer.

  • Die Tiguan TSI 1.4 (110kW) DSG R-Line is ‘n uitstekende ryding vir die langpad en hanteer baie goed in stadverkeer . Die nuwe luukse voorkoms trek die oog. Dit is ‘n veelsydige ryding wat jou R457 680 uit jou sak gaan jaag.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.