Gesin oorstelp oor vreemdes se hulp

2017-06-29 06:00
=Eugene Valentine in die kamer waar sy pa Neville Valentine gesterf het toe dit deur ’n brand verwoes is.                   Foto:HEILIE COMBRINCK

=Eugene Valentine in die kamer waar sy pa Neville Valentine gesterf het toe dit deur ’n brand verwoes is. Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die 78-jarige Neville Valentine van Uitenhage het tragies gesterf nadat sy huis in Van Riebeekhoogte gebrand het.

Sy seun, Eugene Valentine en sy gesin het saam met hom in die huis in Amandastraat gewoon. Hul het hul pa en oupa verloor en ook aardse besittings, maar wat hulle bybly van dié traumatiese gebeure is die ooparm-welwillendheid van bure, vreemde-linge en die organisasie For the Love of The Bay 2.

“Ons wil nie dramatiseer nie. Dit gaan ook nie oor sensasie nie, maar oor dankbaarheid. In vandag se tye waarin ons leef is dit elkeen vir homself, maar dié brand het dit anders bewys,” sê Eugene Valentine wie se hare en snor in die brand verskroei is.

“Dit was verskriklik. Ek het wakker geword van my pa se geskreeu. Toe ek by sy kamerdeur kom was die vlamme en hitte geweldig. Ek kon nie ingaan nie en my pa was in ’n rolstoel en kon nie vlug nie.”

Eugene het om die huis gehardloop en by ’n buitevenster en skuifdeur na sy pa se kamer probeer toegang kry, maar dit was ook tevergeefs.

Die brand is vermoedelik deur ’n elektroniese fout veroorsaak.

“Die bure het gehelp om die brand te probeer blus en om my pa uit te kry. Gelukkig was die brandweer baie vinnig hier. Maar dit was te laat vir my pa,” het Eugene gesê.

“Mense se harte en hande was wyd oop vir ons nood.”

Die Valentine-gesin se dankbaarheid is teenoor die brandweer, Van Riebeekhoogte-buurtwag, ambulans-dienste, bure, onbekendes en inwoners van die woonbuurt wat hulp aangebied het.

“’n Buurvrou het die volgende oggend vir ons almal ontbyt aangebied. Hier is van die pensioenarisse in ons woorbuurt wat vir ons kos gebring het, wild-vreemdes het vir ons huis-items gebring.”

Die welwillendheidsgroep, Love of The Bay 2, het 02:00 in die nag met ’n vrag noodvoorraad by die Valentines se gebrande huis gestop.

“Hulle het van die brand gehoor en al die pad van Malabar gekom en hier gestop met ’n waentjie waaruit hulle vir ons komberse en kos aangebied het. Dit was vir my uitsonderlik, ek kon dit nie glo nie!

“Mense se harte en hande was wyd oop vir ons nood. Dit was ongelooflik. Baie, baie dankie aan elkeen,” het Eugene gesê.

Volgens Eugene het sy pa in 1978 die huis gekoop en is dit waar hulle grootgeword het. Voor die oorledene se af-trede was hy by die onderwysdepartement werksaam.

Kaptein Gerda Swart, woordvoerder van die Uitenhage polisie, het bevestig dat ’n 78-jarige man in die brand gesterf het. Valentine is verlede Vrydag ter ruste gelê.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/World
 

For the love of Corgis!

WATCH: 35 Corgi's to make your day! If they’re good enough for the Queen of England they’re good enough for us.

 
 

Paws

Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Buying a puppy? Don’t get scammed!
WATCH: These funny animal videos will make you LOL!
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.