GMSA onttrekking eis U’hage maatskappy

2017-08-10 06:02

General Motors Suid-Afrika (GMSA) se besluit om hom aan Suid-Afrika te onttrek het sy eerste slagoffer geëis.

Coega Autospray, ’n maatskappy in Uitenhage in die Oos-Kaap, wat plastiekdele vir die afronding van motors vervaardig en GMSA as sy grootste klant gehad het, is voorlopig gelikwideer.

Chris van Zyl van Mazars, een van die vier voorlopige likwidateurs wat by die maatskappy betrokke is, sê dit is hoogs onwaarskynlik dat die maatskappy van sy benarde finansiële situasie sal herstel.

Van Zyl sê volgens die maatskappy het hy net voorraad tot September waarna, indien hy nie ’n aanbod van ’n ander maatskappy kry nie, hy waarskynlik gaan sluit en al sy bates sal opgeveil word.

Die hooggeregshof in Port Elizabeth het laat in Julie Vumela Enterprise Development Trust se aansoek om die maatskappy in voorlopige likwidasie te plaas goedgekeur.

Die trust het beweer Coega Autospray skuld hom meer as R33 miljoen aan skuld en rente. Die maatskappy het 79 mense in diens en 85% van die werk wat hy doen, is vir GMSA. Die hooggeregshof sal op 22 Augustus ’n finale besluit oor die likwidasiebevel neem.

Andrew Buchanan, Vumela se hoof van na-beleggingsbestuur, sê in ’n verklaring wat by die hof ingedien is dat GMSA se besluit om hom aan Suid-Afrika te onttrek het Coega Autospray se bedrywighede in só ’n mate beïnvloed dat hy nie in staat sal wees om sy skuld te betaal nie.

Volgens die verklaring is GMSA die respondent se grootste klant en verskaf ongeveer 85% van sy in-komste.

“Die maatskappy het die laaste paar jaar [’n laer aantal bestellings] as wat die oorspronklike doelwitte was, geplaas.

“Hierdie is een van die groot redes vir die respondent se huidige finansiële verknorsing,” lui die verklaring.

“Die respondent het die laaste 12 maande probeer, maar misluk om ’n nuwe klant te kry wat sy afhanklikheid aan die enkele klant verminder. Dit is onwaarskynlik dat die respondent slegs op die volumes wat hy vir Isuzu lewer, sal oorleef aangesien Isuzu net 85 voertuie per maand teenoor GMSA se 100 per dag lewer.”

Coega AutoSpray wou nie kommentaar lewer nie.

(– Fin24)

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/World
 

For the love of Corgis!

WATCH: 35 Corgi's to make your day! If they’re good enough for the Queen of England they’re good enough for us.

 
 

Paws

Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Buying a puppy? Don’t get scammed!
WATCH: These funny animal videos will make you LOL!
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.