Gong-skiet en 4x4 avontuur in Elandsriviervallei

2017-05-04 06:00
=’n Gong-skiet kompetisie, gekombineer met 4x4 uitdagings, word op 20 Mei in die Elandsriviervallei by The Meadows aangebied. Hier is van die uitdagings op die roete.      Fotos:verskaf

=’n Gong-skiet kompetisie, gekombineer met 4x4 uitdagings, word op 20 Mei in die Elandsriviervallei by The Meadows aangebied. Hier is van die uitdagings op die roete. Fotos:verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Gong-skiet klink na ’n vreemde sport, maar dit is inderdaad niks anders nie as teikenskiet in die veld na ’n metaalplaat.

’n Gong-skiet kompetisie, gekombineer met 4x4 uitdagings, word op 20 Mei in die Elands-riviervallei by The Meadows aangebied.

Daar is nie sekerheid of gong-skiet sy naam gekry het van die “gong” klank wanneer die koeël die plaat tref nie, of omdat dit is dat die 200mm dikte pantserstaal-teiken wat aan ’n belt hang ’n gong genoem word nie?

“Die gonge word op vyf verskillende plekke en hoogtes in die veld gehang en elke baan bied sy eie uitdagings. Deelnemers moet met ’n viertrek-voertuig, wat ’n ander uitdaging is, van die een na die ander gong-baan ry,” sê Donovan Whitehead van The Meadows, die plaas in die Elandsriviervallei waar die gong-skiet en 4x4 aangebied word.

Spanne van 4 lede skryf in vir die gong-skiet en tussen hulle moet daar ’n 4x4 voertuig wees waarmee hulle na die 5 gong-bane ry. Die gong-bane is strategies én veilig uitgelê langs die 4x4 veldroete.

Gongs word gewoonlik tussen afstande van 150m tot 300m van ’n skietpunt gehang. ’n Gong-skut kry 1 skoot met ’n jaggeweer (30 kaliber maksimum is toelaatbaar) op elke gong en as hy of sy raak skiet is dit 30 punte en ’n mis is geen punte.

“Elke skut kry net 25 skote. Daar is 5 bane en ’n skut mag net 5 skote per baan skiet. Die dag is vir alle skiet, avontuur en viertrek-entoesiaste wat van uitdagings hou. Dit is ’n lekker dag uit in die vallei vir vriende of familie,” sê Whitehead.

’n Prysuitdeling sal na afloop van die dag se gong-skiet en 4x4 uitdagings aangebied word. Daar is ook plaas-akkommodasie by The Meadows wat sowat 30km vanaf Rocklands is.

Inskrywings is R150 per deelnemer en sluit op 13 Mei.

  • Vir meer inligting of om in te skryf bel Donovan Whitehead by 082 458 9699 of Sunelle Whitehead by 082 4589580 of e-pos TheMeadows@gmail.com

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.