Groep op Despatch wil bipolêre lyers ondersteun

2017-08-24 06:00
Bipolere gemoedsversteuringPhoto:

Bipolere gemoedsversteuringPhoto:

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Bipolêre gemoedsverteuring is gekompliseerd. En elke bipolêre lyer ervaar en beleef dinge anders en intens. Dit is dikwels ’n alleenpad vir lyers en juis daarom het ’n bipolêre ondersteuningsgroep die lig gesien op Despatch.

Maryke Gouws, wat self aan bipolêre ge-moedsversteuring of dan bipolêre depressie ly, is die fasiliteerder van die groep wat by The South African Depression and Anxiety Group (SADAG) geaffilieer is.

Sy is ook verantwoordelik vir bewusmakingsveldtogte en om die publiek in te lig oor bipolêre gemoedsversteuring.

Volgens statistiek wat deur SADAG uitge-reik is, is bipolêre depressie sesde op die wêreldlys as ’n oorsaak van ongeskiktheid, 30% van mense wat bipolêr is poog om selfdood toe te pas, 69% van die lyers is aanvanklik verkeerd gediagnoseer en die kans is twee keer so groot dat bipolêre lyers sterf weens ’n hartsiekte of beroerte.

Daar is hoop

“Maar dit hoef nie so ’n donker prentjie te wees nie. Daar is hoop. Ek weet. Ek is deur al die donker dieptes en vêr draaie. Wanneer jy die regte medikasie begin gebruik en jou eie gemoedstoestand begin verstaan, kan jy weer die ‘maanskyn en rose’ van die lewe geniet,” sê Maryke Gouws, wat ’n SAGAG opgeleide bipolêre ondersteuningsgroep- fasiliteerder is.

“Een van die ergste dinge vir ’n bipolêre lyer is om net anti- depresante te gebruik. Weens die wanbalans in die brein wat ’n mens se gemoed die een oomblik die hoogte laat inskiet en dan weer laat val, moet jy medikasie neem wat spesifiek jou gemoed stabiliseer.

“Mense sê dikwels hul wil nie op pille wees om hulle gelukkig te hou nie. Maar ons almal drink maar ’n pilletjie vir iets, so, as dit jou lewenskwaliteit verbeter hoekom nie die medikasie neem nie? Die stigma oor bipolêre depressie is regtig skeefgetrek en ons wil mense tot nuwe insigte laat kom oor dié siekte.”

Maryke het die pad gestap van verkeerde diagnose, verkeerde medikasie, selfdood- poging en behandeling in ’n inrigting vir ge-moedsversteuring. Nadat sy die regte medikasie begin gebruik het, het haar lewe handomkeer verander.

Enigste in Oos-Kaap

“Ek het met nuwe hoop uit die inrigting vir gemoedsversteuring gestap en wou dadelik by ’n ondersteuningsgroep aansluit om ander te help wat deur dieselfde hel as ek gegaan het. Maar daar was nie so ’n groep nie en toe kontak ek vir SADAG,” vertel Maryke.

Sy is ingelig dat daar geen SADAG ondersteuningsgroep in die Oos- Kaap is nie en net daar het Maryke besluit maar dan wil sy met een begin. Despatch se Bipolêre Ondersteuningsgroep is dus die eerste van sy soort in die provinsie.

“Ek het nog altyd gesê ek wil mense help, maar het nooit geweet hoe en waarmee nie. So, vreemd genoeg, het die feit dat ek aan bipolêre depressie ly my nou uitgebring by een van my ideale - om mense te help.

“Ek wil my ervarings en kennis oor bipo- lêre gemoedsversteuring en die behandeling daarvan met ander deel en hulle help en raad gee om ook ’n gewone en gebalanseerde lewe te leef,” sê Maryke.

Dit is belangrik dat iemand met bipolêre goemoedsversteuring hul eie gemoed en ge-sondheid bo aan hul prioriteitslys plaas om te oorleef in die ongenaakbare bipolêre wêreld. Die ondersteuningsgroep bied lyers die kans om te praat oor hulle bipolêre toestande, hul kan raad vra en sodoende voel hul nie alleen in hul gemoedsversteuring-stryd nie. Die groep is ook vir mense met angs, depressie sowel as vir geliefdes wat elke dag saam met iemand leef met bipolêre gemoedsversteuring.

“Vir ondersteuners kan dit soms taai raak om saam met iemand te leef wat bipolêr is. Hulle kom ook maar op ’n stadium by moedverloor-se-vlakte. Daarom is dit belangrik dat hulle ook ondersteuning kry en moed ingepraat word,” sê Maryke.

  • Die Despatch Bipolêre Ondersteuningsgroep kom elke tweede Donderdagaand vanaf 19:00 tot 20:15 byeen. Die volgende byeenkoms is op Donderdag, 31 Augustus. Bywoning is gratis en daar word verversings aangebied. Vir meer inligting bel Maryke Gouws by 082 320 9452 of SADAG 0800 205 026.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/Africa
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.