‘Groot kanonne’ kom sing by Anibrandfees

2017-02-16 06:02
Steve Hofmeyr tree Saterdag, 4 Maart by die Anibrandfees op. foto: verskaf

Steve Hofmeyr tree Saterdag, 4 Maart by die Anibrandfees op. foto: verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Van die land se top sangers pak eersdaags hul tasse om by die jaarlikse Anibrandfees in Uitenhage te kom optree.

Dié familiefees propvol musiek skop op Donderdagaand, 2 Maart af met komediant en sanger Andries Vermeulen in die Kuiertent.

Die feeshekke word Vrydag, 3 Maart om 16:00 wawyd oopgemaak vir ’n kookwater program propvol oemf van plaaslike sangers sowel as die groot kanonne van Afrikaanse musiek soos Bok van Blerk, Fokofpolisie-kar, Snotkop en Dewald Dippenaar. Die bekende plaaslike radiostem, Gerrit de Jager is die seremonieman van die aand en plaaslike sangers vir die voorprogram sluit in Lizanne Olivier, Odette Myburgh, Carina Renz, Valmé Beer en Chantelle Bosch.

Saterdag is heeltyd speeltyd en om 12:00 word die Anibrand-talentkompetisie op die hoofverhoog gehou. Daarna volg nog ’n plaaslike goue stem Monique Marais en die Despatch-ster Elandré Schwartz. Saterdag-aand se groot name sluit in Steve Hofmeyr, Ray Dylan, Juanita du Plessis, Manie Jackson, Die Broers en Wicus van der Merwe.

Ook by die fees is die Oos-Kaapse Boerboelvereniging wat ’n spogskou gaan hou in die hoofarea op die Saterdag tussen 10:00 en 12:00. Soos in die verlede sal daar weer ’n verskeidenheid kosstalletjies wees sowel as ’n kunsmark.

Interkaap verskaf gratis vervoer vanaf Port Elizabeth, deur Despatch, tot by die Anibrandfees-terrein. Om plek om dié feesbus te bespreek bel 041 586 0750 (uitbreiding 2).

  • Kaartjies is R120 per volwassene en R100 as dit vooraf gekoop word. Vooraf kaartjie-verkope is by Barklystraat Teater, Westway Café of by www.anibrandfees.co.za en vir meer inligting kan die feeskantoor by 072 396 2206 gebel word.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.