Gróót kuier wag op Wolwe-fontein hotel se stoep

2016-10-27 06:00

Die gesegde “gaan groot of gaan huis toe” het die Herselman-egpaar gedryf om die Wolwefontein Hotel sy glorie terug te gee. En hierdie naweek is dit tyd vir die Wolwefontein Fees!

Na die amptelike opening in Oktober 2015 was dié hotel die gasheer vir menige moeë reisiger, jagter, motorfietsryer en families.

“Dit is nou ook weer die sentrale punt vir vergarderings. ’n Ontmoetingspunt of vertrekpunt. Net soos dit was baie jare gelede,” sê Malie Herselman, wie saam met haar man Marius, die hotel weer terug op die kaart gebring het.

Wolwefontein Hotel se eerste verjaarsdag is amptelik 29 Oktober 2016 en daar gaan fees gevier word.

Marius, ‘n bobaas chef, gaan weer gróót gaan. Hierdie keer met ’n kolosale kolwyntjie (cupcake) en die langer as lang brood, spesiaal vir hulle gaste.

“Ons gaan weer ‘n potjiekos-kompetisie hou met wonderlike pryse. Vanjaar moet deelnemers ook ‘n brood op die oop vuur kan bak. Daar gaan ‘n fotokompetisie wees waar besoekers ‘n selfie by van Wolwefontein se uniekhede kan neem,” sê Malie.

Hierdie fotos gaan op Wolwefontein se Facebook-blad verskyn en die beste foto gaan ‘n prys losslaan.

Veteraan motors gaan die naweek koers kies na die hotel. Die Herselmans het nóg ’n ou gebou in sy glorie herstel.

Rooi Vergeet winkel

In die vroeë 1900s was dit bekend as die Wolwefontein Enterprises waar jy van ‘n kar tot ‘n pak klere kon koop en sommer die nuwe jaar kon indans. Malie het besluit om dit te vernoem na die Karoo-bossie “Rooi Vergeet”. Besoekers kan hier van varsgebak tot kuns, tweedehandse ware en antieke ware koop.

Die Wolwefonteinfees is Saterdag vanaf 09:00 tot 17:00 .

  • Belangstellendes wat ‘n stalletjie wil hê of deel wil neem aan die potjiekoskompetisie kan Marius of Malie bel by 087 702 8389 of gaan loer op die Wolwefontein Hotel Facebook-blad.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.