Haarkappery na 60 jaar stééds haar passie

2015-12-03 06:00
=Leoni Blignaut en haar dogter Jenny Kritzinger. foto: heilie combrinck

=Leoni Blignaut en haar dogter Jenny Kritzinger. foto: heilie combrinck

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Om 60 jaar lank jou haarsalon al douvoordag tip-top te kry sodat jy jou eerste kliënte met ’n glimlag en die reuk van koffie kan begroet, is beroepspassie opgesom. ‘n Passie wat Leoni Blignaut (83) stééds op haar voete in haar éie Salon Marisa op Despatch hou.

Sy was 23 jaar oud toe sy dié salon begin het, en nou nog staan sy reg vir haar kliënte. Tog is dit nie altyd maklik nie, erken sy.

“Byna my hele lys van staande Saterdag- oggend-kliënte is al oorlede. Die hele lot, nou nie almal opslag nie. So een vir een met verloop van tyd. Die meeste van hulle was my ouderdom of jonger.”

Leoni praat in die tipiese haarkapper- dialek: Engels en Afrikaans deurmekaar, “Have you ever done something just for the love of it? It is much more rewarding than money. If you don’t love what you’re doing, then what’s the sense of doing it?

Sy onthou nog hoe sy as vakleerling by Gouws, ‘n mans-haarkapper op Uitenhage, ingeval het.

“In daardie jare was daar aparte hokkies in die haarsalonne en daar was van haarkappers verwag om wit uniforms te dra. Langbroeke was ’n onding vir vroue-haarkappers.”

Alles het intussen só verskriklik verander, sug Leoni. “Vandag se haarstyle is windwaai-hare. Dit is kort, reg-uit, naby die gesig, poenskop en spiky. There is no dressing to it.

“Wat afgeneem het, is om regtig hare te dóén. Ek praat nou van perms en om hare te set. Dít is ‘n kuns.”

Leoni sê mense was vroeër jare meer besorg oor netjiese hare, veral omdat hulle toe deftig aangetrek het vir aandfunksies, kerk en werk.

“As daar ’n dans was, was die salon vol. Selfs die mans het toe opmerkings gemaak oor hoe mooi die vroue se hare gelyk het. Ek onthou die mans se haarstyle was duck tails en Brylcreem kuiwe en … hoe ouer hulle word, hoe korter het hulle hul hare gesny.”

Leoni glo egter nog onwrikbaar in die oorlewingskrag van permanente golwings. “Perms gaan weer terugkom, jy sal sien. Kyk, dit sal nou nie wees soos ons dit geken het nie, net meer sag. Style verander en een van die dae is baie krulle weer terug.”

Vir Leoni lê die passie van haarkapper-wees in die gesels met die mense.

“Ons gesels oor enigiets. Soms sommer ’n klomp nonsense, maar dit is lekker. Ek word net bietjie doof en hoor soms nie ’n hele storie nie.”

Een van haar drie dogters, Jenny Kritzinger, het ’n paar jaar gelede by haar ma aangesluit en hanteer die ontvangs en administrasie.

“Hier is kliënte wat vir my sê: ‘Jou ma het my hare gedoen vir my matriekafskeid, vir my voorstelling, troue en kinders se doop.

“Een van haar spesiale kliënte is Helen Vermeulen. Sy is my ma se oudste kliënt en kom al die pad van Uitenhage om haar hare te laat doen.

“Dan is daar tannie Oelofse. Sy is 96 jaar oud en kom in haar rolstoel om haar hare te laat mooi maak.”

Die naam Salon Marisa, sê Leoni, kom van ’n beeldskone Italiaanse aktrise Marisa Allasio, wat saam met Mario Lanza in die rolprent Seven Hills of Rome gespeel het.

“Weet jy, ek wou nooit my naam op ‘n winkelvenster sit nie omdat ek gedink het ek gaan nie lank in die bedryf bly nie,” verduidelik sy laggend.

Leoni se staatmakers wat al baie jare saam met haar in die salon werk is Lizzie, Kleintjie en Rachel. Sy bedank graag al haar kliënte vir hulle lojaliteit deur al die jare.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.