‘Herstel pyp gou of riool tref rivier’

2016-09-01 06:00
<Despatch se hoof-rioolafvoerpype het die afgelope naweek reg langs die rioolpompstasie gebars. Daar word gevrees dat die rioolwater in die Swartkopsrivier gevloei het.             Foto: WERNER HILLS

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Nog ’n groot skoot onverwerkte riool kan die Swartkopsrivier tref nadat een van Despatch se hoof-rioolafvoerpype die afgelope naweek reg langs die rioolpompstasie gebars het.

Despatch is binne die Nelson Mandela-metropool, langs die Swartkopsrivier geleë. Dié dorp se rioolpypleidings volg die gradiënt van die Swartkopsrivier na die watersuiwer-ingswerke.

Teen Maandagoggend het werkers ’n reusegat met ’n laaigraaf gegrawe om die stukkende pyp te herstel waar die riool ’n borrelende fontein in die gat gevorm het.

Dié gat is vinnig deur rioolwater gevul.

Volgens Francois Greyling, DA-raadslid vir Despatch, het werkers die hele naweek gewerk om die probleem te probeer oplos.

Volgens ’n werker op die toneel was dit uit-ers moeilik om die stukkende pyp op te spoor aangesien die pyp bykans 5 m ondergronds gelê is.

Jenny Rump, omgewingsbeampte van die Zwartkops-bewarea, vrees dat dié rou riool in die daaropvolgende dae sy pad na die reeds erg besoedelde Swartkopsrivier sou vind.

“Ek was op die toneel. Dit lyk nie goed nie,” het sy gesê.

“Die riool het reeds die vlei­gebied ingevloei. Die skade wat riool aan die broeivisse en hul eiers in die vleigebied aanrig, is kommerwekkend.

“En dan vloei die riool reguit in die Swartkopsrivier, wat weer ander omgewingsprobleme sal veroorsaak.”

Rump sê al wat die rioolwater se vloei na die rivier kan stuit, is die spoedige herstel van die pypleiding.

“As die riool nog ’n paar dae langer moet vloei, sal dit ’n ramp wees,” het sy gesê.

Greyling het by navraag gesê die situasie blyk onder beheer te wees.

“Die kontrakteurs is besig om die pyp te vervang.

“Ek glo ook die rioolpompstasie, wat probleme met drukking het, sal binnekort vervang moet word.”

Greyling en Annette ­Love­more, burgemeesterskomiteelid vir infrastruktuur en ingenieursdienste in die metro-munisipaliteit, het Maandag van die verouderde infrastruktuur op Despatch geïnspekteer.

“Ek het die lekkende reservoirs vir haar gaan uitwys, die groot waterlekke in die dorp, die foutiewe rioolwerke en die stukkende afvoerpype.

“Ek glo noudat alles uitgewys is, sal Annette kan help om ’n vinnige verbetering in die dorp se infrastruktuur teweeg te bring,” het Greyling gesê.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Hlaudi's R11.4m bonus

22 minutes ago

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.