Hier is elke kind belangrik

2016-06-23 06:00
<Pierie Wierie Speel- & Leer Sentrum se personeel en van die kleinspan. Bo is Eileen Bekker by van die kinders en die Pierie Wierie bussie.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Pierie Wierie Speel & Leer Sentrum op Uitenhage by 18 Carinus-rylaan in Vanes Estate vier hierdie maand hulle 28ste bestaansjaar.

Vir eienaar en prinsipaal Eileen Bekker is Pierie Wierie sinoniem met kwaliteit onderrig, dissipline en individuele aandag.

“Hier kyk ons nie net na kinders nie - ons léér kinders,” sê Eileen.

Dit is duidelik aan die getal oud-Pierie Wierie kinders wat op skool presteer, as hoofleiers verkies word en selfs naskool uitblink. Eileen is trots op haar oud-leerders en heelwat van hulle kinders was of is ook by Pierie Wierie.

Intellektuele en emosionele opvoeding geniet voorkeur by Pierie Wierie. Die personeel help ook met remediërende onderrig.

Die speelsentrum is vir 3-6 jarige kinders terwyl die leersentrum toegerus is vir kinders van 7 jaar en ouer. Die kleuterafdeling is vir 3-4 jariges, graad RR vir 4-5 jaar en graad R vir 5-6 jaar oue kinders.

Eileen glo in die holistiese benadering tot onderrig en daarom word daar elke week, op Woensdae en Donderdae, Kindermuzik-klasse aangebied. Op Vrydae is dit tyd vir Active Kids waar die kleinspan in ouderdomsgroepe vir 2 ure aktief besig gehou word met opvoedkundige speletjies vir die ontwikkeling van motoriese vaar-dighede.

Pierie Wierie is tweetalig en het nou begin met die implimentering van Xhosa as derde taal.

Eileen werk baie nou saam met die department van onderwys sowel as Laerskool Handhaaf aan wie Pierie Wierie, as ’n voerskool, nasorg bied.

Die graad 1-3 leerders van Handhaaf het nasorg by Pierie Wierie in Carinus-rylaan terwyl die Handhaaf graad 4-7 leerders by haar ander perseel, Pierie Wierie Twee in Brand van Zylstraat nasorg ontvang.

Die sentrum se bussie is ’n pluspunt en vervoer die kinders vanaf Laerskool Handhaaf tot by die nasorgsentrums.

Professionele gedrukte rapporte word kwartaalliks aan ouers gestuur as bewys van hulle kinders se vordering. In Junie en Desember word kinders geevalueer en die resultate word in ’n vorderingsboekie aange-teken.

Eileen se span mede-opvoeders bestaan uit Teresa O’Neill, Riana Nell, Hester Drotschie en Ester-lynn Snyders (graad 4-7) terwyl Nomsa en Winnie sorg dat fasiliteite skoon en versorg bly.

By Pierie Wierie word geen fondsinsamelings gehou nie. Daar word ook van ouers verwag om self die kinders se kospakkies vir die dag te pak. Pierie Wierie beskik wel oor al die kombuis- fasiliteite om toe te sien dat die kinders se maaltye reg voorgesit word.

’n Konsert word elke einde van die jaar gehou waarin elkeen van die kinders ’n rol speel. Eileen sê konserte leer kinders om emosioneel sterk te wees en dra ook by tot beter mondeling-sessies.

Taal en die uitspraak daarvan is vir haar belangrik en sy maak seker dat Pierie Wierie se kleinspan hierin touwys gemaak word.

Aansoekvorms vir 2017 innames is nou beskikbaar en sluit in September 2016.

  • Vir meer inligting bel 041 966 2389 of 082 498 1012.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.