Hoë koornote vir drie matrieks

2016-11-24 06:01
;Vroue van die Largo koor gaan Saterdagaand optree by ’n Welwillendheidskonsert om fondse in te samel om drie matrieks se naskoolse studies te befonds. Hier is (agter van links) Sonja Bezuidenhout, Amanda Engelbrecht en Margaux Stumke. Voor van links is Zanel Stofberg, Venita van Wyk, Lesray Ferendale, Laura Lee Booysen en Mienke Mackey. Afwesig: Carien Stumke en Felicity Steinhof.                                Foto: VERSKAF

;Vroue van die Largo koor gaan Saterdagaand optree by ’n Welwillendheidskonsert om fondse in te samel om drie matrieks se naskoolse studies te befonds. Hier is (agter van links) Sonja Bezuidenhout, Amanda Engelbrecht en Margaux Stumke. Voor van links is Zanel Stofberg, Venita van Wyk, Lesray Ferendale, Laura Lee Booysen en Mienke Mackey. Afwesig: Carien Stumke en Felicity Steinhof. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die afgelope paar maande het koorsangers van regoor Uitenhage elke Vrydag-aand op letterlik hoë noot byeengekom sodat hulle hul gesamentlike optrede hierdie Saterdagaand kan lewer.

Die groot doel van dié luisterryke optrede is om soveel as moontlik geld in te samel vir drie behoeftige matrieks sodat hulle hul naskoolse studies op ’n ewe hoë noot kan begin.

Aan die roer van dié welwillendheids-saak is Venita van Wyk. Befaamde oud- onderwyser en koorafrigter wat Despatch Primêre Skool se koor tot op nasionale verhoë gelei het.

“Alle opbrengste wat ons met dié optrede maak, word in die beursfonds vir behoeftige matrikulante, wat uitstekende potensiaal vir tersiêre studies toon, te stort, sê Venita. “Vanuit die 2016-matrieks is daar tans tien aansoeke wat volgende week deur ‘n sif-tingsproses gaan om die uiteindelike drie suksesvolle kandidate te bepaal.”

Die gekombineerde koor bestaan uit lede van Dalestraat, Roselane en Uitenhage Congregational kerke as-ook die Verenigde Gereformeerde Kerk op die dorp.

Saterdag se Welwillendheidskonsert begin om 18:30 in die Uitenhage Congregational-kerk en kaartjies is R30 per persoon.

’n Hele paar gaskunstenaars gaan saam met die gekombineerde koor optree en daar is groot opgewondenheid oor die nuwe manne-koor van die Metro, The Creed, wat oral harte steel met hul fluweelstemme.

Ander deelnemende kore is die Noorde-like Area Skoolkoororganisasie se kinderkoor asook die vroue-sangroep Largo.

  • Kaartjies vir Saterdagaand se kooraand is beskikbaar by koorlede of Venita van Wyk by 083 465 6996.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/Sport

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.