Hond en springbok se groot liefde

2017-04-20 06:00
<Duke die pitbull kyk na sy groot liefde, Poeps, ’n springbok.                                                                                             foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Pitbull wat beste maats met ’n springbok is, wys dat dié honde nie altyd hul slegte reputasie gestand doen nie.

So sê Simoné Robinson, Duke die pitbull se eienaar.

Duke en Poeps, die jong springbok, het onlangs op ’n plaas in Addo ontmoet en die vriendskap is sterk.

“Ek kan dit nie anders beskryf as liefde met die eerste oogopslag nie,” sê Robinson oor die band tussen die twee.

Duke is verlede jaar as ’n siek en onwettig geteelde hond by ’n man in Port Elizabeth verwyder en Robinson het hom aangeneem.

Kort daarna het Duke hondesiekte gekry, moontlik omdat sy honde-ouers nie die nodige inentings gehad het nie en Duke het ’n paar keer by die poorte van die hondehemel omgedraai.

Duke was vir ’n maand in en uit die hospitaal. Oor middagete het ek vir hom gaan sing en vir hom gebid. Gelukkig is hy nou gesond en hy kan sonder moeite op die plaas rondhardloop.”

Duke het naam gemaak toe ’n video van hom en Poeps, waar hulle speel en mekaar jaag, soos ’n veldbrand aanlyn versprei het. Duke staan selfs langs die springbok en peusel kamtig saam aan die groen gras.

“Ek dink partykeer die hond dink hy is ’n bok, en andersom ook,” sê Robinson.

Robinson het onlangs die springbok ingeneem nadat haar ma haar kort ná geboorte op die plaas verwerp het.

Die video van Duke en Poeps is opgeneem om vir al die “doemprofete” te wys dat pitbulls nie almal oor dieselfde kam geskeer kan word nie.

“Daar is nie ’n aggressiewe been in my Duke se lyf nie.

“Ek sê altyd pitbulls is in die verkeerde lywe geplaas. Want hulle lyk kwaai, maar eintlik wil hulle net speel en hul liefde uitleef. En ek kan hiervan getuig, ek het nog twee pitbulls wat ek aangeneem het, elkeen ewe vriendelik en liefdevol.”

Robinson sê haar pitbull Riley is op drie jaar by Uitenhage se Dierebeskermingsvereniging (DBV) aangeneem en het tot nou toe geen teken van aggressie getoon nie.

“Mense waarsku altyd teen ’n pitbull wat al ouer is, want jy ken nie hul verlede nie. Maar my Riley, Duke en Lola het almal verkeerd bewys wat glo die honde kan net aggressief en gevaarlik wees.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/World
 

For the love of Corgis!

WATCH: 35 Corgi's to make your day! If they’re good enough for the Queen of England they’re good enough for us.

 
 

Paws

Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Buying a puppy? Don’t get scammed!
WATCH: These funny animal videos will make you LOL!
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.