Honde-diewe slaan toe op Uitenhage

2016-01-28 06:00
Veghonde word glo toenemend in Uitenhage gesteel. Die afgelope week is twee veghonde vermoedelik uit die erf van Michelle Subrayen, ’n Uitenhage inwoner, gesteel. Michka, dogter van Michelle, huil glo elke dag nog oor haar Sweety-veghond wat weg is. Foto’s: Verskaf

Veghonde word glo toenemend in Uitenhage gesteel. Die afgelope week is twee veghonde vermoedelik uit die erf van Michelle Subrayen, ’n Uitenhage inwoner, gesteel. Michka, dogter van Michelle, huil glo elke dag nog oor haar Sweety-veghond wat weg is. Foto’s: Verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Veghonde wat uit hul eienaars se erf gesteel word, is aan die toeneem.

Só meen Marizanne Ferreira, woordvoerder van die Dierewelsynsvereniging in die Baai, wat daagliks met die opsporing van vermoedelik gesteelde veghonde gemoeid is.

Die toename het glo só skerp gestyg, dat Ferreira die behoefte gesien het om ’n Facebook-blad te skep, waar inligting oor gesteelde veghonde gedeel kan word

“Veghonde word gewoonlik in twee scenarios gesteel. Of dit is ’n hoogs georganiseerde hondeveg-sindikaat, wat ’n hond binne ’n uur uit die stad neem. Of dit is ’n persoon wat net vinnig geld wil maak, deur ’n hond vir ’n geveg iewers plaaslik in te skryf,” het Ferreira gesê.

Volgens Ferreira is Despatch, Uitenhage, Algoapark en Schauderville die grootse kwel-gebiede waar veghonde die meeste verdwyn.

In ’n onlangse voorval het Michelle Subrayen, ’n inwoner van Uitenhage, vir die tweede keer ’n slagoffer van veghond-diewe geword.

Vyf jaar gelede is haar eerste veghond ook uit haar erf in Uitenhage gesteel. Ná ’n artikel in die UD Nuus is die hond ’n dag later opgespoor.

“Ons het die hond by twee seuns gekry. Maar my hond het oop snye en bytmerke gehad. Dit was duidelik at die hond vir gevegte gebruik was,” het Subrayen hartseer gesê.

Die hele voorval was vir Subrayen só traumaties dat sy nie weer ’n hond wou besit nie. Tog het haar kinders die afgelope Kersfees vir ’n klein vierpoot-vriend gepleit, en het Subrayen ingestem om twee veghonde te koop.

Maar verlede Vrydag, ná die eerste aand wat die honde buite geslaap het, het Subrayen die trauma van vyf jaar gelede herleef. Albei die agt-weke-oue veghonde is spoorloos.

“Iemand moes my huis dopgehou het en die honde vir hul siek gevegte kom steel het. Hoe verduidelik ek dit aan ’n kind?” het Subrayen tussendeur haar trane gesê.

Rasend opsoek na Sweety en Diamond het Subrayen ’n geld beloning beskikbaar gestel vir enige persoon met inligting.

Ferreira het gesê dat veghonde altyd vir die “onder wêreld gevegte” gesog sal wees.

“Die beste is om veghonde te steriliseer. So sal hulle minder aggressief wees én ook nie as voortplant-masjien deur diewe gesien word nie,” het Ferreira gesê.

Sy het ook bygevoeg dat dit belangrik is om ’n saak van diefstal by die polisie aan te meld.

  • Enige persoon met inligting oor Sweety en Diamond kan Subrayen bel by, 073 829 3058.

Besoek ook die Facebook-blad: Pitbulls Lost & Found South Africa.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.