Huis herstel na skade weens verstopte sloot

2017-01-19 06:02
Werkers maak Maandag die stormwatersloot agter Freddie Olivier se huis op Despatch skoon.

Werkers maak Maandag die stormwatersloot agter Freddie Olivier se huis op Despatch skoon.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Verstopte waterafvoersloot op Despatch is meer as ’n week ná groot reënskade aan ’n huis eers skoongemaak.

Ná ’n wolkbreuk op 5 Januarie in dié Oos-Kaapse dorp het water van sowat ’n meter diep deur Freddie Olivier se huis in Aalwynstraat, net agter die R75, gevloei.

“Vanoggend (Maandag) is die ­reënwater wéér hier deur my motorhuis,” het Olivier gesê.

Maandagoggend se ligte reënbui het tot net ’n stroompie water deur die motorhuis gelei, maar die dik stroom water uit die verstopte sloot vroeër die maand het duisende rande se skade aangerig.

Olivier het tydens die ­oorstroming van sy huis gesê die reën het in die afvoersloot agter die huis afgekom en toe dit nie verder kon vloei nie, het dit deur sy grensmuur gebreek en sy huis verspoel.

Olivier glo die vloedwater het sy huis getref omdat die stormwatersloot agter sy erf weens onwettige rommelstortings en die afwesigheid van onderhoud deur die munisipaliteit verstop is.

“Vroeër jare was een van my bure se huise ook onder water, want toe het die sloot by hom verstop.

“Dit is al ’n jarelange probleem.”

Roland Thompson, ’n SANRAL bestuurder, het bevestig die afvoerstelsels langs die R75 is hul verantwoordelikheid.

“Die betrokke dag (5 Januarie) het die gebied egter ’n fratsvloed ervaar en dit is moontlik dat die dreineringstruktuur meer water moes hanteer as waarvoor dit ontwerp is.

“In die geval waar die ontwerp se kapasiteit wel oorskry word, sal gebiede ongelukkig oorstroom, waar dit onder normale omstandighede nie sou gebeur nie,” sê Thompson.

“Hier sit ek met derduisende rande se skade,” sê Olivier.

“Ná al die waterskade, net in my motorhuis, moet ek minstens twee grassnyers, ’n kragopwekker en my kompressor weggooi.

“En in my huis moet ek drie slaapkamers en my sitkamer se houtvloere vervang.

“En dan is daar goed soos my troualbum, boeke, aandenkingshoede en weermagfoto’s wat nie vervang kan word nie.”

’n Span werkers het Maandag begin om die stormwatersloot agter Olivier se huis, langs die R75 pad skoon te maak.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

Behind the sparkle

Alluring, beautiful and timeless - diamonds are some of the most sought after gems in the world and are a true testament of everlasting brilliance. Let us take you behind the sparkle to show you the history behind this coveted jewel.

/Sport
 

Chocolate can be fatal for dogs

Chocolate contains a substance called theobromine that is similar to caffeine and is toxic to dogs at certain levels.

 
 

Paws

Spider-man star's adorable relationship with his dog
Do you know what you are feeding your dog?
Watch: Proof animals have souls
Would you clone your pet?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.