Janecke reg om Lady Slipper uit te klim

2017-06-22 06:01
<Janecke Schuin is altyd reg vir ’n uitdaging. Sondag gaan sy Lady Slipper uitklim om fondse in te samel vir ’n man van Jeffreysbaai wat ’n prostese nodig het.              Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Janecke Schuin (10) van Despatch, is ’n naam wat al sinoniem is met uitdagings wat gewoonlik nie deur mense met ’n pro-stese aangepak word nie!

Maar dié graad 5 meisie van Laerskool Sonop, wat verlede jaar in Augustus ’n ge-deelte van haar regterbeen na ’n fratsongeluk verloor het, stuit vir min dinge!

In die byna 10 maande op haar prostese been het sy weer begin netbal speel, ’n zip-line uitdaging aangepak, 5km fiets gery vir liefdadigheid en sy ry weekliks perd.

Haar lewensleuse is “een treetjie op ’n slag, maak nie saak hoe stadig nie. Wat saak maak is om nie te stop nie.”

Eerskomende Sondag gaan sy Lady Slipper uitklim om fondse in te samel vir Jackie Steyn, ’n man van Jeffreysbaai wat dringend ’n prostese nodig het.

“Toe Janecke in die hospitaal was het verskeie amputees ons besoek en bemoedig. Sy het gesê dat sy dieselfde wil doen - sy wil ook ander mense help,” sê Vicki Schuin, Janecke se ma.

Nou wil Janecke R50 000 insamel om Jackie te help met ‘n prostese te kry.

“Ons het kopgekrap oor hoe om vir hom fondse in te samel. Janecke besluit toe sy wil Lady Slipper uitklim. Soos Riding for a Limb is hierdie dan net Climbing for a Limb.”

Janecke gaan eerskomende Sondag bergklim en haar klimmery kan direk op Despatch Days se Facebook gevolg word.

“Janecke het die twee dames van Despatch Days, Almarie Frier en Yolanda Brown uitgedaag om saam met haar te klim. Dié twee vroue is baie bekend en geliefd in die Despatch gemeenskap,” sê Vicki.

Janecke het die publiek se hulp nodig om dié projek te ondersteun. Daar is tans 19 besighede op Despatch waar R5 kollekteerblikkies is ten bate van Janecke se Climbing for a Limb.

“Sy het reeds ’n borg gekry wat R1 000 gaan skenk as sy die berg tot bo klim. Sy gaan ook ’n vlaggie plant waarop ander bergklimmers boodskappe van bemoediging kan skryf,” sê Vicki.

Alle fondse wat ingesamel word sal aan die Amputee Support Group PE betaal word met die doel om Jackie te help om ’n prostese te kry. Mense wat ’n bydrae wil lewer kan ook finansiële skenkings maak by die Amputee Support Group, ABSA: 408 5992113 verwysing: Jackie Steyn.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/News
 

8 great natural remedies for your pet

Tips and tricks to cure your pet’s itches and coughs, naturally.

 
 

Paws

Buying a puppy? Don’t get scammed!
WATCH: These funny animal videos will make you LOL!
11 animals before and after they were adopted from shelters
Competition pet grooming – creative or too extreme?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.