‘Jong Bokkie’ speel dalk vir Southern Kings

2016-03-31 06:00
Die sterk loskopstut Schalk Ferreira is weer reg om in die beginspan vir die Kings op die veld te draf.

Die sterk loskopstut Schalk Ferreira is weer reg om in die beginspan vir die Kings op die veld te draf.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die Southern Kings sal Saterdag hul mees ervare voorryman, Schalk Ferreira, in die Nelson Mandelabaai-stadion teen die Sun-wolves kan inspan.

Ferreira het heeltemal van die harsingskudding, wat hom ’n wyle langs die kantlyn gehou het, herstel en het gister voluit saam met sy spanmaats geoefen. Sy terugkeer vir dié Superrugby-stryd sal beteken dat Sti Sithole, wat in Ferreira se afwesigheid prysenswaardig op loskop vertoon het, afskuif plaasvervangersbank toe.

Die 32-jarige Ferreira sal na verwagting teen Takuma Asahara, ook bekend as Buzz, skrum. Asahara het al in vyf toetse vir Japan gespeel.

Geoordeel na die oefening kan die voormalige Jong Bokkie Aidon Davis dalk Saterdag speelkans kry. Hy kan by Vleis Engelbrecht as agtsteman oorneem of hy kan as een van die plaasvervangers aangewys word.

Dit lyk ook of Charles Radebe in die binnebaan is om as regtervleuel ingespan te word. Hy kan Luzuku Vulindlu, wat harsingskudding het, vervang.

  • Dit klink intussen of Mark Hammett, die Sunwolves se hoofafrigter, en sy Kings- eweknie, Deon Davids, uit dieselfde mond praat.

“Ons kan nie op goed fokus wat reeds gebeur het nie, want ons kan dit nie beheer nie,” het Hammett ná sy span se nederlaag die naweek teen die Bulle aan Reuters gesê.

Volgens hom is hy “baie tevrede” met sy span se vordering. “Hopelik kan ons jel en sal elkeen begin weet wat die ou langs hom gaan doen. As dit gebeur, sal dit ons spel lig.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.