Jong wedvlugduiwe van oral na Despatch vir veiling

2017-02-09 06:01
=’n Wedvlugduif maak reg vir opvlieg. Despatch Posduifklub se jaarlikse jongduifveiling word môre op die dorp gehou.                              Foto: CONRAD BORNMAN

=’n Wedvlugduif maak reg vir opvlieg. Despatch Posduifklub se jaarlikse jongduifveiling word môre op die dorp gehou. Foto: CONRAD BORNMAN

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Despatch Posduifklub hou môre hul 23ste jaarlikse jongduifveiling en na verwagting sal daar heelwat goeie duifies opgeveil word.

Dié duifies gaan later vanjaar aan ’n 600km wedvlug deelneem met prysgeld vir die skenker sowel as die koper.

Duifies word môre vanaf 17:00 ontvang en besigtiging is van 18:00 af. Om 19:30 begin die veiling met Twakkies du Toit as die afslaer.

Klub trots op unie-kampioene

Despatch Posduifklub het ’n ryke geskiedenis en is in 1951 gestig. Naas die dorp se rugbyklub is dit een van die oudste sportklubs op Despatch.

Die klub het in die verlede verskeie unie-kampioene opgelewer, waarvan Boertjie Nell die bekendste is. Verlede jaar se jongduifwedvlug is gewen deur ’n duif van Bennie Gerber.

Nasionale Hok op Despatch

Op nasionale vlak geniet die Despatch Posduifklub ook aansien. Vir die afgelope 3 jaar bedryf die klub ’n Nasionale Hok, waarop hul baie trots is.

“Duiweboere van regoor die land stuur hul duiwe na dié hok. Al die duifies ontvang dieselfde behandeling en hulle gaan aan ’n reeks oefen- en volwaardige wedvlugte deelneem. Die groot finale wedvlug is in Oktober,” sê duiweboer Hennie le Roux van die Despatch Posduifklub.

Volgens Le Roux neem die inskrywings jaarliks toe en is daar tans sowat 350 duiwe in die hok.

“Die klub verwag hierdie jaar ’n rekord aantal inskrywings van ongeveer 500 duiwe.”

Verlede jaar se wenduif is deur Danie Hattingh van Welkom ingeskryf. Inskrywings sluit vanjaar op 28 Februarie, maar laat inskrywings sal tot einde Maart aanvaar word.

Navrae:

Vir meer inligting oor Despatch Posduifklub se bedrywighede bel Marcelle Els by 082 438 3966 of Boertjie Nell 083 709 2067. Inligting oor die sport is ook beskikbaar by www.ecpigeon.co.za

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.