Kanonheuwel nou kanonloos

2016-07-14 06:00
>Slegs die voetstuk van die geskiedkundige kanon op Kanonheuwel het agtergebly nadat vandale die kanonloop gevat het.

>Slegs die voetstuk van die geskiedkundige kanon op Kanonheuwel het agtergebly nadat vandale die kanonloop gevat het.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die kanon van Kanonheuwel, een van Uit-enhage se bekendste bakens die afgelope 200 jaar, het spoorloos verdwyn.

Al wat nou wys dat daar eens ’n kanon gestaan het, is die kaal voetstuk.

“Dit moes baie swaar gewees het om dié kanon weg te dra, maar as iemand genoeg geld wil maak uit die skrootmetaal, sou hulle seker ’n plan kon maak,” sê Dave McCleland, inwoner van Uitenhage.

Die kanon, wat oorspronklik deur landdros Jacob Glen Cuyler, na Uitenhage gebring is, was een van nagenoeg 90 kanonne op die Amsterdam, ’n Nederlandse troepedraer wat in 1817 naby die Swartkopsriviermonding gestrand het.

Dié spesifieke kanon is eers in Caledonstraat staangemaak en later in 1911 na Kanonheuwel verskuif. In 1923 het die kanon sy laaste skote gevuur toe die hertog van Connaught besoek kom aflê het.

In die jare daarna het die kanon self “onder skoot” gekom deur vandale, graffiti-kunstenaars en diewe wat die hekke na die kanon al in 2014 gesteel het.

Hoewel McCleland nie ’n klag by die polisie ingedien het nie, het hy wel die diefstal by Pieter Terblanche, DA-raadslid, aangemeld.

“Die groot probleem is dat daar nie genoeg sekuriteit by die metro se eiendomme, insluitend Kanonheuwel, is nie,” sê Terblanche. “Wat my pla, is dat daar iemand moet wees wat dié gesteelde items moet koop.

“Dit kwel my ook dat daar geen toesig oor die werkers by die metro-eiendomme is nie.

“As hulle teenwoordig was tydens die diefstal, sou hulle dit mos sien gebeur het.”

Die metro het by navraag gesê hy is onbewus van die diefstal.

“Die metro se sekuriteitshoof het gesê geen diefstal is by hom aangemeld nie,” sê Johann Mettler, stadsbestuurder.

Ironies dat dié heuwel wat eens ’n uitkykpunt was om inwoners te beveilig nou self onveilig is.

Al vier die groot gietyster-hekke, wat in 1953 aangebring is het ook spoorloos verdwyn in 2014.

“Ek kan nie verstaan dat indien sulke items van historiese waarde by skrootysterplekke opeindig, dit nie aangemeld word nie.

Dit is tog duidelik dit is nie jou gewone weggooi ysters nie,” het Terblanche gesê.

Die publiek word bedank vir hulle oplettendheid in dié saak.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.