Kat spring in en hou sy lyf redder

2017-05-25 06:02
=Eugene Gerber met Mickey die katjagter.

=Eugene Gerber met Mickey die katjagter.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

In ’n dramatiese reddingspoging op Uitenhage het ’n kat genaamd Felix ’n ander kat, hoog in ’n boom gestrand, gered toe menslike pogings gevaal het.

Brandweermanne, die dierebeskermings-vereniging se inspekteur en nuuskieriges het verstom gestaan toe Felix, ’n huiskat, ná hulle talle (gefaalde) reddingspogings uit die bloute opdaag en binne sekondes sy lyf redder hou om ’n verbouereerde katjie eiepotig na veilig-heid aan te keer.

Die Uitenhage DBV het vroeg verlede Donderdag ’n noodoproep ontvang van die Gerbers in Mosel-woonbuurt op Uitenhage oor ’n katjie wat hoog in ’n boom hang. Die DBV het die brandweer se hulp ingeroep. Hulle was blitsvinnig op die toneel.

Joanita Gerber sê sy was die vorige aand rondom 22:00 in die kombuis toe sy ’n kat hoor skreeu. Sy het eers gedink dit is hul eie tomkat Felix wat kattermaai, maar toe sien sy hoe Mickey, hul grysbaard Jack Russell ’n vreemde kat in die jaart jaag. Vroeg Donderdagoggend toe haar ma, Juanita Dean, haar woonsteldeur oopmaak, het sy ’n grys katjie hoog in die boom, met stokstywe voorbeentjies deur ’n mik, sien hang.

“Mickey hou van boomklim. Hy hardloop sommer gou die eerste paar takke op. So, ek dink die katjie het vreeslik geskrik toe hy sien maar die hond is ook in die boom,” het huiseienaar Eugene Gerber gesê.

Brandweerman Morné Gerber het eers teen die 8 meter hoë brandweerleer opgeklim om die katjie te probeer red, wat ná heelnag in die koue, toe al pootuit in die mik gehang het. Maar die katjie was ongeveer 13 meter hoog in die boom, so die leer was te kort en boomklim sou ook nie werk nie want die takke was te dun.

In ’n tweede poging het Uitenhage DBV inspekteur Kevin Brown die leer uitgeklim en probeer om die katjie te vang met ’n swembad se skoonmaaknet. Dit was ook sonder sukses en die katjie het nog hoër opgeklim.

Om die kat uit die boom te kyk, sou nie help nie en in ’n laaste poging is besluit om ’n tou aan die tak vas te maak en dit dan af te trek. Hopelik sou dit die katjie laat spring en vir dié verwagte aksie het brandweermanne gereed gestaan met ’n kombers om te keer dat hy hom nie katswink val nie.

Asems is opgehou soos die tak stadig afgebuig is. Toe breek die tak en die katjie spring, maar weg van die kombers af en toe hy grondvat, kies hy koers. Brandweermanne is agterna, maar is in hul spore gestop toe Felix soos blits op die toneel verskyn. Soos dit enige baas van sy eie jaart betaam, het hy die katjie in ’n hoek op die erf vasgekeer, waar Eugene Gerber blitsvinnig die katjie agter die nek kon gryp.

“Dit was nou ’n baie interessante reddings-poging. Almal het ’n plan gehad, maar niemand van ons het geweet die ander kat het ook die kat uit die boom gekyk en sy eie plan gehad nie,” het Brown gesê nadat hy die katjie vinnig by Gerber oorgevat en in ’n vanghok gesit het.

Terwyl die brandweermanne hul toerusting opgeruim het, het Felix soos ’n wafferse held met stokstywe beentjies, stert in die lug en swaailyfie die toneel besnuffel – só asof hy geweet het : Ék is Felix, redder wat ’n katastrofe help afweer het.

Die geredde katjie is na die Uitenhage DBV geneem en hopelik sal sy eienaar/s hom daar opspoor.

Die Uitenhage brandweermanne en die DBV word bedank vir hulle vinnige optrede om die katjie te help red . . . en dan natuurlik ook Felix vir sy aandeel.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

Behind the sparkle

Alluring, beautiful and timeless - diamonds are some of the most sought after gems in the world and are a true testament of everlasting brilliance. Let us take you behind the sparkle to show you the history behind this coveted jewel.

/World
 

Does your dog have separation anxiety?

We've got tips, advice and how to help your dog

 
 

Paws

Fascinating facts about dogs
Perfectly captured cat snapchats!
Out with the old dog, in with the new
Play with your pet when you're not at home
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.