kerk

2015-05-14 06:00

Die AGS Charisma-gemeente op Uitenhage vier eerskomende naweek die kerkgebou in Lavendersingel 33 se 40ste bestaansjaar.

Die oorspronklike AGS-kerkgebou was in Johnstraat en was as die moedergemeente beskou waar vanuit verskeie AGS-families ontstaan het. Dié Johnstraat-gemeente het so gegroei dat dit nodig was om die kerk te vergroot en die oorspronklike gebou is gesloop. Die steeds groeiende gemeente het later gelei tot die stigting van die AGS Charisma gemeente in Lavendersingel 33, wat onder leiding van Pastoor Myburg, 40 jaar gelede opgerig is.

Die Johnstraat-gemeente het later die AGS Lofoord-gemeente geword.

Vorige leraars wat die feesvieringe gaan bywoon sluit in Tienie Delport wat van 1 April 1976 tot 31 Maart 1983 by AGS Charisma bedien het en pastoor Steve Ferreira wat van 15 Augustus 1983 tot 31 Oktober 1988 aan die stuur van sake was. Hy is opgevolg deur die herderspaar pastoor Lampie en Leonie Keuler wat vanaf 1 Desember 1988 tot op hede aan AGS Charisma verbonde is.

Saterdag

- gratis basaar

“Ons wil die gemeenskap bedank dat ons die voorreg gehad het om hulle vir 40 jaar te kon bedien vanuit hierdie gebou. Ons wil ook aan die Skepper dank gee deur gratis verversings aan te bied aan almal wat hierheen kom,” het Pastoor Keuler gesê.

Almal is welkom. Geen van die basaarlekkernye soos panne-koek, kerrie-en-rys en basaarpoedings word verkoop nie, alles word gratis deur gemeentelede en oud-gemeentelede aan besoekers voorgesit om geniet te word.

Die gratis basaar word van 09:00 tot 14:00 by die kerk in Lavendersingel 33 aangebied.

Sondag - dankdiens andamp; tent-oorhandigings

Voormalige leraar pastoor Steve Ferreira tree Sondag om 09:00 as spreker op by die dank- en feesdiens.

Na afloop van die diens sal AGS Charisma in samewerking met Judea Harvest ses tente oorhandig aan verskillende bedieninge wat gemeenteplantings doen. Oorhandiging van tente is vir bedieninge in Knysna, Mier, Oos-Londen, Despatch en twee vir Uitenhage.

Volgens pastoor Keuler is die gemeente baie sterk betrokke met sendingwerk buite die kerk se grense.

Dr. Danie Reynecke, ’n seun van die gemeente en direkteur van Judea Harvest gaan die verrigtinge bywoon.

Judea Harvest het die afgelope 14 jaar 3 000 van hierdie tente in die veld gesit.

Teach Every Nation (TEN)

AGS Charimsa is die afgelope 18 maande ’n sateliet- opleidingkampus vir Teach Every Nation, wat in samewerking met die ikoon dr. Bruce Wilkonson, skrywer van Jabes se Gebed, aangebied word.

Daar is reeds 14 kursusse aangebied. Studente registreer en kom vir dagopleiding met lewendige uitsendings wat vanuit die kerk gedoen word. Huidiglik word ’n kursus aangebied oor “Anyone Can Become a Great Communicator”.

Navrae: Pastoor Lampie Keuler 041 992 4071

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.