Kleuterland maak debuut op kinder-televisie

2016-02-11 06:00

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die kleinspan van Kleuterland Bewaarskool gaan op die televisie te sien wees! Dié skool is een van slegs 24 kleuterskole in die land wat deel gaan wees van Kleuterzone televisieprogram.

Dit is die eerste kleuter-televisieprogram vir kleuters deur kleuters en word aangebied deur Anthonie Bougas. Die opname van Kleuterland word op Woensdag, 17 Februarie om 17:30 vir 18:00 by NGK Eendrag-kerksaal gehou. Ouers, oumas en oupas, vriende en belangstellendes word uitgenooi om deel van die gehoor te wees.

“Kleuterland is deur Bokkie Nieuwoudt genomineer om deel te wees van die Kleuterzone-program,” sê Danita Ferreira, prinsi-paal van Kleuterland Bewaarskool.

“Die skool is nou 37 jaar oud en dit is vir ons ’n groot opgewondenheid en eer om ons televisie-debuut te maak.

“Die ouers het weggespring en eie inisia-tief geneem om die skool in tip-top kondisie te kry vir die televisie-opname. Hier word gewoel en geverf en die baba-afdeling word heeltemal oorgedoen.

“Dit gee my hoendervleis om te sien met hoeveel entoesiasme die ouers saamwerk. Hulle kom met nuwe idees en het behoorlik geesgevang om Kleuterland na nuwe hoogtes te neem. Baie dankie aan een en elkeen vir hulle positiewe gesindheid en ondersteuning van die skool.”

Daar is huidiglik 55 kinders by die kleuterskool en hulle wissel tussen die ouderdomme van 3 maande en 4 jaar. Die skool beskik ook oor ’n nasorg-eenheid.

Volgende Woensdag begin die kameras rol met ’n onderhoud by die skool en die aand word ’n Christelike konsert aangebied met die kleinspan in aksie. Drie oud-Kleuterland kinders sal ook optree. Hulle is Corma Oosthuizen, Luca Kritzinger en Kyla Gouws. Kaartjies om die konsert en opname by te woon is R60 per persoon.

  • Vir meer inligting of om kaartjies te bekom bel die skool by 041 933 5119.

-Heilie Combrinck

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.