‘Kragboks-debakel’ duur na jaar stééds voort

2017-04-06 06:02
=Letitia Moolman wys die boek waarop sy haar kragverbruik noukeurig aanteken en die kragboks en meter. Vir byna ’n jaar het die munisipaliteit vir haar gesê sy het koopkrag en het nie haar kragverbruik verreken nie.                           Foto:HEILIE COMBRINCK

=Letitia Moolman wys die boek waarop sy haar kragverbruik noukeurig aanteken en die kragboks en meter. Vir byna ’n jaar het die munisipaliteit vir haar gesê sy het koopkrag en het nie haar kragverbruik verreken nie. Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

In ’n kragboks-debakel het ’n vrou van Valleisig op Uitenhage, ’n jaar nadat ’n nuwe kragmeter by haar huis ge-installeer is haar eerste rekening ontvang, maar nou is dit in die verkeerde naam!

Dit was ’n jaar van ’n vreeslike gebellery vir Letitia Moolman. Van die munisipaliteit se kant af bly hul vir haar sê sy het ’n koopkragboks en dat daar nie ’n kragrekening in haar naam geregistreer is nie.

Maar Moolman het maand vir maand gebel, boek gehou van haar kragverbruik, boek gehou van die dae waarop kraglesings ge-neem is, sy het selfs fotos geneem van die meterlesers en die meterlesings.

“Ek het nooit gedink ek sal so bly wees om ’n kragrekening te kry nie. Ek was so gatvol na ’n jaar se gesukkel om te bewys ek het ’n kragmeter en nie koopkrag nie,” sê Letitia Moolman wat verlede Vrydag haar eerste kragrekening sedert April 2016 ontvang het.

“Maar nou is die rekeninge so wraggies nie in my naam nie! Nou moet ek nog ’n maand wag sodat dit reggestel kan word.”

Aanvanklik was Moolman se kragmeter foutief en sy het in Maart 2016 ’n kragrekening van R6 204.90 ontvang.

“Daar was fout met die kragmeter en die munisipaliteit het dit vervang en die geld is afge-skryf. Daarna het ek slegs ’n waterrekening ontvang en my kragverbruik is nie verreken nie,” sê Moolman.

Op 24 Januarie 2017 het sy Melinda Labuschagne van Wyk 51 gekontak. Danksy Labuschagne en hulp van die munisipaliteit se elektrisiteitsafdeling is uiteindelik vasgestel dat die nuwe kragmeter nooit op Moolman se rekening geregistreer is nie.

Moolman het vir die duur wat sy nie ’n kragrekening ontvang het nie ekstra geld weggesit vir die dag as die rekening kom.

“Ek het geweet dit gaan ’n groot rekening wees. En dit was ook so. Ek skuld nou die munisipaliteit byna R6 000,” sê Moolman.

Sy hoop die einde van April sal ook die einde van die kragboks-debakel wees, want dan is dit presies ’n jaar se gesukkel om ’n kragrekening in haar naam te ontvang.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/Africa
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.