Kruis-stappers raak fiks vir tog na Mighty Men

2017-02-02 06:01
<Die groep mans wat April hierdie kruis na die Mighty Men-Christelike konferensie in Middelburg sal dra, is van links Anton Ebersohn, Heinrich Basson, Ryno Fourie, James Share en Eleandré Koen. Hier is hulle in Hexrivierweg op Uitenhage aan die oefen.  Foto: CARA-LEE DORFLING

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Motoriste in Uitenhage en Despatch moet op die uitkyk wees vir ’n groep mans wat met ’n groot geel kruis stap.

Die groep mans stap Uitenhage en omstreke se strate plat om hul spiere en skouers fiks te kry vir hul groot staptog in April na die Mighty Men-konferensie in Middelburg.

“Die roete wat ons uit Uitenhage soontoe beplan, sal so 500 km wees. Ons wil ook graag deur soveel klein dorpies as moontlik met die kruis stap,” het Heinrich Basson, groepleier, gesê.

Verlede jaar het hy die roeping gekry om na Middelburg se Mighty Men te stap en toe vir die eerste keer ’n groep mans na die konferensie in Middelburg gelei, vertel Basson.

Dié staptog het hom laat besef dat meer logistieke beplanning en oefening vir die stap-avontuur geverg word.

“Die kruis weeg maar ‘net’ 22 kg. Dit klink nie te swaar nie, maar teen die opdraande uit kan die kruis vinnig swaar raak en daarom moet ons oefen.”

Die groep het verlede jaar met dieselfde kruis gestap.

“Mense wat ons langs die pad ontmoet, skryf hul gebede op die kruis en ons dra dit saam met ons om voortdurend vir hulle te bid.”

Basson sê die groep en kruis sal tot kort voor April nog in Uitenhage se strate oefen en enigiemand wat wil, is meer as welkom om saam te stap.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

/News
 

Cute pet pictures can improve your relationship!

It’s true! A new study shows animal pics can bring back the spark.

 
 

Paws

7 weirdly awesome pets you can own
Pack theory: fact or fiction?
Perfect dog-walking 1: Why dogs pull on the lead
SA stats: The role of pets in families
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.